# Krieket: Brendon McCullum is geensins van plan om uit te tree as Engeland se hoofafrigter nie. Engeland het die beslissende toets teen Nieu-Seeland op Trent Bridge verloor en die reeks 2-1. Die Swartpette is nou die eerste besoekers in 14 jaar om ʼn reeks van drie of meer toetse in Engeland te wen. Kaptein Ben […]
# President Cyril Ramaphosa sê die regering spreek wettige bekommernisse, wat Suid-Afrikaners oor onwettige immigrasie, grensbestuur en druk op openbare dienste geopper het, op ‘n wettige wyse aan. Groepe teen onwettige migrante beplan om vandag reg oor die land te betoog en te eis dat onwettige buitelandse burgers die land verlaat. Hulle beweer dat hulle […]
# Die forensiese ondersoeker, Paul O’Sullivan, sê die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se media-inligtingsessie in Julie 2025, het nie ‘n nuwe probleem blootgelê nie. Hy het gister aan die Madlanga-kommissie gesê georganiseerde misdaad infiltreer die strafregstelsel reeds jare lank, en Mkhwanazi is lankal bewus daavan en na bewering betrokke daarby. O’Sullivan sê ‘n fluitjieblaser, soos […]
# Tennis: Die Britse nommer een, Emma Raducanu, het aan Wimbledon onttrek weens ʼn stresfraktuur aan haar regterbeen. Sy sou in vandag se eerste wedstryd op Baan Een teen die Kroaat, Antonia Ruzic, kragte meet. Sy sê sy sukkel reeds sedert die eindstryd vroeër vandeesmaand op Queen’s met ongemak in haar onderbeen. Raducanu sê dit […]
# Pakistan het ‘n intelligensie-gedrewe grondoperasie en presisie-lugaanvalle langs sy grens met Afganistan uitgevoer waarin 29 militante dood is. Dit volg nadat drie lede van die Pakistanse paramilitêre mag Sindh Rangers Saterdag in hul hoofkwartier in Karatsji dood is. Afganistan se Taliban-regering sê die aanvalle het woonhuise getref en nie militante se skuilplekke nie. Hy […]
# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê hy gaan nog besin oor sy toekoms. Hy het vroeër gesë hy kan dalk vertrek wanneer Suid-Afrika se Wêreldbeker-reis tot ‘n einde kom. Gister se nederlaag teen Kanada het ‘n einde gebring aan ‘n geskiedkudige veldtog waarin Bafana die eerste keer die uitklopfase van die toernooi […]
# Die gewese DA-leier, John Steenhuisen, beskuldig die party se binnekring vir sy ondergang en sê die leier, Geordin Hill-Lewis, het hom vir die hiënas gegooi. Hill-Lewis het president Cyril Ramaphosa gevra om die party se kabinets-verteenwoordigers te verander en Steenhuisen van minister van Landbou na adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging te verskuif. Steenhuisen […]
# President Cyril Ramaphosa het glo die ANC persoonlik opdrag gegee om sy ingryping te laat vaar vir die hersieningsaansoek wat die onafhanklike Artikel 89-paneelverslag oor die Phala Phala-skandaal betwis. Die party het sy aansoek om aan die saak deel te neem verlede week formeel teruggetrek. Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het […]
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku Europa is die vasteland wat, teen byna twee keer die wêreld-gemiddeld, die vinnigste verwarm. Meer as een-duisend-300 oormaatsterftes weens Europa se rekord-hittegolf, is sedert 21 Junie aangeteken. Frankryk, Duitsland, die Tsjeggiese Republiek, Hongarye en Pole word veral swaar getref. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê hulle werk saam met […]