Skip to content

IMF verwag Suid-Afrika se groeivooruitsig sal bestendig bly, ondersteun deur deur beleidshervormings

# Die Internasionale Monetêre Fonds sê Suid-Afrika se groeivooruitsig sal na verwagting op die kort termyn bestendig bly en op die medium termyn geleidelik verbeter. Dit sal ondersteun word deur versterkte beleidsraamwerke en voortgesette strukturele hervormings. Die IMF het sy ekonomiese groeivooruitsig vir die land tot een-persent verlaag teenoor die 1,1-persent wat in Julie voorspel is. Die regering hoop op drie-persent groei. Die IMF sê Suid-Afrika ly onder die uitwerking van die oorlog in die Midde-Ooste, en sy groeivooruitsig ná 2026 is redelik plat.