Skip to content

MK-party kanselleer verkiesingsmanifesbekendstelling om veldtog op wyksvlak te voer

# Die MK-party het die bekendstelling van sy plaaslikeregeringverkiesingsmanifes in Mpumalanga, Sondag, gekanselleer en sê die besluit hou nie verband met sy leier Jacob Zuma se gesondheid nie. Die party sê hy het die Siyathatha-saamtrek gekanselleer om hulpbronne te herlei na veldtogvoering op wykvlak en gemeenskapsbetrokkenheid. Dit volg op berigte van finansiële probleme wat sy planne vir ‘n groot manifesbekendstelling in die wiele ry. Die MK-party sê hy sal sy verkiesingsmanifes môre elektronies aan alle lede en strukture versprei.