# Die Solidariteit-beweging sê hy ondersteun die afdwing van ferm en wettige immigrasie maar verwerp intimidasie en geweld as plaasvervangers vir die oppergesag van die reg. Teen-onwettige-immigrasiegroepe berei voor vir landwye betogings vandag en eis strenger optrede teen onwettige immigrasie. Die Solidariteit-beweging sê hoewel hy die geldige frustrasie oor onwettige immigrasie, misdaad en staatsmislukking erken, […]
# Die Verenigde Nasies sê hy gaan betogings teen ongedokumenteerde immigrasie in Suid-Afrika noukeurig monitor. Teen-migrasiegroepe, insluitend March and March en Operasie Dudula, gaan na verwagting vandag massabetogings teen onwettige immigrasie regoor die land hou. VN-woordvoerder Stéphane Dujarric sê dit is belangrik dat betogings kalm en beheersd bly, met volle respek vir menseregte. Hy sê […]
# Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê die land het nie ʼn tekort aan regsraamwerke om seksuele geweld in skole te hanteer nie. Die probleem is fragmentasie, vertraagde integrasie en ongelyke toepassing. Die kommissie het ʼn verslag vrygestel wat op ʼn verstommende toename in gevalle van seksuele geweld teen leerders by skole dui. In die 2024/2025-boekjaar is […]
# Tennis: Die verdedigende kampioen, Jannik Sinner, en sewemalige kampioen, Novak Djokovic, is deur na die tweede ronde by Wimbledon. Sinner van Italië het die Serwiër, Miomir Kecmanovic, geklop terwyl Djokovic met Wu Yibing van China afgereken het. Die Pool, Hubert Hurkacz, het Casper Ruud van Noorweë verslaan. In die vroueafdeling het die wêreld-nommer-een, Aryna […]
# Andy Burnham wat moontlik die volgende Britse eerste minister gaan wees, het beloof om die grootste magsverandering ooit in die land te verseker. Hy het verlede Maandag aangekondig dat hy teen Keir Starmer gaan staan vir eerste minister. Burnham sê hy gaan ʼn Nommer 10 Noord vestig as middelpunt van ʼn veranderde Brittanje om […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 30 Junie 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die polisie is op volle gereedheidsgrondslag vir die teen-immigrasie-betogings. Die koerant skryf die polisie sê hulle het hul hulpbronne ten volle gemobiliseer om openbare veiligheid te handhaaf en vinnig op enige voorvalle te reageer. # En die Netwerk24-webblad: Berig […]
The headlines of the leading newspapers on 30 June 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports the police are on full alert for the anti-immigration protests. The paper writes the police say they have fully mobilised their resources to maintain public safety and respond quickly to any incidents. # And the Netwerk24 website: Reports political parties […]
# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê wetstoepassingsagentskappe is heeltemal voorbereid om die land veilig te hou, lewens en eiendom te beskerm en wet en orde te handhaaf. Dit is in aanloop tot beplande betogings wat vandag landwyd teen onwettige migrasie beplan word. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê Dimpane het die polisie se verbintenis […]
# President Donald Trump sê verteenwoordigers van Amerika en Iran ontmoet vandag in Doha, Katar, vir samesprekings. Dit volg nadat die twee lande mekaar die naweek weer aangeval het. Teheran het ʼn vaartuig in die Straat van Hormoes getref, wat Trump as dwaas beskryf, en Amerikaanse fasiliteite in Bahrein en Koeweit aangeval. Die Verenigde State […]