Skip to content

Vatikaan sê pous Leo is met longkanker gediagnoseer maar operasie was suksesvol

# Die Vatikaan sê ʼn deel van pous Leo se regterlong is verwyder. Dit was kankeragtig, soos toetse voor die operasies aangedui het. Die 71-jarige pous het gister ʼn operasie van 90 minute ondergaan by die Gemelli-hospitaal in Rome. Hy is met long-klierkanker gediagnoseer wat ʼn algemene vorm van longkanker is. Die Vatikaan sê pous Leo het ná die operasie normaal wakker geword en was ʼn kort tydjie onder waarneming voordat hy na sy kamer verskuif is. Die pous het al sy openbare geleenthede tot 20 Oktober afgestel.