# Brittanje se Buitelandse, Statebond- en Ontwikkelingskantoor het sy diplomatieke personeel weens kommer oor veiligheid tydelik uit Iran onttrek. Ambassade-bedrywighede sal nou van elders gedoen word. Dit volg te midde van president Donald Trump se dreigemente om Iranse infrastruktuur te “bombardeer en vernietig”. Die Britse regering waarsku dat die situasie in die Midde-Ooste onvoorspelbaar bly […]
# Die bestuurshoof van Eskom, Dan Marokane, sê die ordelike sluit, heropwekking en heraanwending van ouer steenkoolkragstasies moet ondersteun word deur bewyse, stelselgeskiktheid, nuwe kragopwekking en die gereedheid van die netwerk. Die kragverskaffer het die minimum vrystellingstandaard by agt van sy steenkoolkragstasies verseker. Dit laat hulle toe om voort te gaan waar omgewingsregulasies andersins toegepas […]
# Terwyl die ANC binnekort sy burgemeesterskandidate sal aanwys, blyk eerwaarde Frank Chikane die voorloper te wees vir Johannesburg se burgemeesterskandidaat. Dit volg na berigte dat die huidige burgemeester Dada Morero nie genoeg ondersteuning in die party se benoemingsproses kon kry nie. Chikane, wat ook voorsitter is van die ANC se integriteitskomitee, word blykbaar beskou […]
# Die MK-party sê president Cyril Ramaphosa moet persoonlik voor die Ampsklagkomitee getuig en kan dit nie deur regsverteenwoordigers doen nie. Dit volg nadat die komitee besluit het sy regsraadgewers moet leiding gee oor die wetlike vereistes van Ramaphosa se verskyning en getuienislewering en die gevolge indien die president besluit om nie te getuig nie. […]
# President Donald Trump van Amerika het ʼn belangrike kern-ooreenkoms met Saoedi-Arabië onderteken wat die Golf-koninkryk sal toelaat om ʼn burgerlike kernenergie-program met ondersteuning van Amerikaanse maatskappye te ontwikkel. Saoedi-Arabië wat lank reeds ʼn Amerikaanse bondgenoot is, huisves talle Amerikaanse basisse wat deur Iran aangeval is. Die ooreenkoms word nou na die Kongres verwys vir […]
# Sokker: Die Konfederasie van Afrika-sokker het die prysgeld aansienlik verhoog vir die Afrikabekertoernooi vir vroue wat Sondag in Marokko begin. Die kampioen sal nou byna 33-miljoen-rand ontvang, die naaswenner 12,4-miljoen-rand, en die span wat derde kom 8,2-miljoen-rand. Elkeen van die 16 deelnemende spanne ontvang 2,5-miljoen-rand. CAF se president, Patrice Motsepe, sê die finansiële hupstoot […]
The headlines of the leading newspapers on 23 July 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports the head of the Investigative Directorate Against Corruption, Andrea Johnson, admitted to the Madlanga Commission that she had incorrectly applied a legal test when assessing a corruption complaint against the head of Crime Intelligence, Dumisani Khumalo. # And the Netwerk24 […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 23 Julie 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, het teenoor die Madlanga-kommissie erken dat sy ‘n regstoets verkeerd toegepas het by die beoordeling van ‘n korrupsieklagte teen die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo. # En die Netwerk24-webblad: Berig […]
# Die Spesiale Tribunaal het die Nasionale Lotery-kommissie se toelaag van vier-miljoen-rand aan die Mshandukani-stigting as ongerymd verklaar en beveel dat dit met rente terugbetaal word. Die Spesiale Ondersoekeenheid het bevind die stigting het in Februarie 2019 aansoek gedoen vir geld om ʼn gemeenskapsontwikkeling-projek te begin wat skoon water aan gemeenskappe in die Oos-Kaap sou […]