# President Donald Trump het die Kongres gevra om in te gryp en geboortereg-burgerskap te beëindig. Dit volg na die Hooggeregshof se beslissing dat sy administrasie nie ʼn uitvoerende bevel mag gebruik om geboortereg-burgerskap vir babas wat in Amerika gebore word, te stop nie. Trump sê wetgewers moet nuwe wetgewing instel wat ʼn uitsondering maak […]
# Tennis: Die 23-malige Grand Slam-kampioen Serena Williams het in die eerste ronde van Wimbledon verloor. Die 44-jarige Amerikaner het teen Maya Joint van Australië vasgeval in haar eerste enkelspelwedstryd in byna vier jaar. Iga Swiatek van Pole het haar titelverdediging begin met ‘n oorwinning oor die Amerikaner Taylor Townsend. In die mansafdeling het die […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het wetstoepassingsagentskappe geloof wat gister wet en orde gehandhaaf het tydens landwye betogings teen onwettige immigrante. Die Inter-ministeriële Komitee oor Migrasie het gisteraand in Pretoria inligting verskaf oor die betogings en die regering se omvattende immigrasie-bestuur. Cachalia sê minstens 361 ongedokumenteerde migrante is gearresteer, elf mense is […]
The headlines of the leading newspapers on 01 July 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports president Cyril Ramaphosa reshuffled the National Executive last night, implementing the changes proposed by DA leader Geordin Hill-Lewis. # And the Netwerk24 website: Also reports on Ramaphosa’s announcement last night that included the removal of John Steenhuisen as minister of […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 01 Julie 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig president Cyril Ramaphosa het gisteraand die Nasionale Uitvoerende Gesag herskommel en die veranderinge aangebring wat deur die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, voorgestel is. # En die Netwerk24-webblad: Berig ook oor Ramaphosa se aankondiging gisteraand wat die verskuiwing van John Steenhuisen […]
# President Cyril Ramaphosa het veranderinge aan sy Kabinet aangebring. Dit sluit almal behalwe een van DA-leier, Geordin Hill-Lewis, se versoeke in. Willem Aucamp is die nuwe minister van Landbou en David Maynier die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing. John Steenhuisen verskuif na adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Alexandra Abrahams is die […]
# Die Konstitusionele Hof het die Mededingingskommissie se appèl teen die meeste van die 28 banke wat beskuldig is dat hulle saamgesweer het om die rand te manipuleer, van die hand gewys. Dit onthef banke soos Standard Bank, Nedbank, FirstRand en Bank of America van blaam. Die hof het bevind die kommissie se vervolging van […]
# Die Inter-ministeriële Komitee oor Migrasie sê Suid-Afrikaners moet geloof word nadat hulle hul grondwetlike reg om te betoog gister vreedsaam en verantwoordelik uitgevoer het. Betogings teen onwettige immigrante het landwyd hoofsaaklik vreedsaam verloop. Die polisie het op geïsoleerde voorvalle van plundering en pogings tot plundering gereageer. Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko […]
# Krieket: Die sesmalige kampioen, Australië, is deur na die eindstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi vir vroue nadat hulle die Wes-Indiese Eilande met agt paaltjies verpletter het op die Oval in Londen. Die Windies is tot 125 vir sewe beperk en Beth Mooney het daarna ʼn onoorwonne 61 aangeteken. Australië het die teiken maklik gehaal en […]