Skip to content

EFF verwerp pogings om party te betrek by noodlottige skietery in Katlehong

# Die EFF in Gauteng sê hy verwerp pogings om die party by Dinsdag se noodlottige skietery in Katlehong, Ekurhuleni te betrek. Vier mense, insluitend twee lede van die ANC Jeugliga, is doodgeskiet toe hulle van ‘n gedenkdiens af gekom het. Die EFF sê Fani Sibeko, die persoon wat in verslae genoem word in verband met die skietery, is ‘n lid en raadslidkandidaat van die Afrika Mayibuye Movement, nie die EFF nie. Die party sê noudat ‘n verdagte in aanhouding is, moet die polisie se ondersoek voortgaan sonder bespiegelings of politieke inmening.