# Die pasverkose COSATU-president, Mike Shingange, het gevra vir eenheid binne die vakbondfederasie en die drieledige alliansie. Hy is gister tydens die federasie se 15de nasionale kongres in Kemptonpark, Gauteng, verkies. Hy het 973 stemme op hom verenig en volg vir Zingiswa Losi op, wat as hoofsekretaris verkies is. Ten spyte van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party se besluit om onafhanklik van die alliansie aan die plaaslikeregeringsverkiesing in November deel te neem, sê Shingange die kongres het besluit om die ANC en die SAKP te steun:
COSATU sal beide die ANC en die SAKP in die plaaslikeregeringsverkiesing steun [KLANK]
ENG ShingangeOnSupport