Skip to content

Tennis: Alcaraz uitgeskakel en Tsitsipas takel Medvedev

# Tennis: Carlos Alcaraz is by die Sjanghai Meesters uitgeskakel toe hy in skoon stelle teen die Belg, Zizou Bergs, verloor het. Die ongekeurde Bergs het die tweede gekeurde Spanjaard verslaan om die grootste oorwinning van sy loopbaan te behaal. Intussen het Stefanos Tsitsipas van Griekeland teruggeveg en die Amerikaner, Taylor Fritz, geklop. Hy kom in die vierde ronde teen die Rus, Daniil Medvedev, te staan wat die kwalifiseerder Dalibor Svrcina in skoon stelle afgeransel het. Felix Auger-Aliassime, Casper Ruud en Rafael Jodar is ook deur na die laaste 16.