# Die Amerikaanse akteur, RJ Mitte, veral bekend vir sy rol as Walter White Junior in die televisiereeks, Breaking Bad, is op 34-jarige ouderdom dood. Sy verteenwoordigers het dit bevestig, maar geen besonderhede bekendgemaak nie. Mitte het aan serebrale gestemdheid gelei en sy eie ervaring gebruik om die seun van ʼn dwelmbaas, Walter White gespeel deur Bryan Cranston, te vertolk. Hy was ʼn kampvegter vir gestremdes se regte en het probeer om verteenwoordiging vir mense met gestremdhede in die vermaaklikheidsbedryf te bevorder. Hy het ook in die reeks Switched at Birth en die fliek Triumph verskyn.
Breaking Bad-akteur sterf op 34