# Eskom voer verkennende gesprekke met die Wêreldbank oor die befondsing van ‘n multimiljard-dollar kernprogram. Die Koeberg Kernkragstasie naby Kaapstad is Afrika se enigese werkende kernkragstasie. Die kragverskaffer stel voor vier-duisend-800 megawatt van konvensionele waterdruk-reaktors en 400 megawatt van klein modulêre reaktors. Ten minste die helfte van die klein modulêre reaktors sal bestem wees vir […]
# Krieket: Die driemalige kampioen, Kolkata Knight Riders, het Mumbai Indians met vier paaltjies verslaan om hul geringe hoop lewend te hou om die Indiese Premierliga se uitspeelronde te haal. Mumbai, wat reeds uitgeskakel is, het 147 vir agt aangeteken. Manish Pandey het daarna 45 van 33 balle behaal en Rovman Powell het 40 bygedra, en […]
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het die nuwe Gautengse provinsiale taakspan bekendgemaak. Die taakspan se provinsiale sameroeper is Panyaza Lesufi; sy adjunk is Mandla Nkomfe; Sochayile Khanyile is die provinsiale koördineerder met sy adjunk Nomantu Nkomo-Ralehoko; en die provinsiale fondsinsamelaar is Tasneem Motara. Die ANC se nasionale woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê die span […]
# President Cyril Ramaphosa sê Botswana kan op Suid-Afrika reken as betroubare buurman, vriend en vennoot op sy pad van modernisering en na ‘n toekoms van volgehoue ontwikkeling en voorspoed. Hy het die opmerkings gisteraand by ‘n staatsbanket in Gaborone gemaak. Die president is op ‘n tweedaglange staatsbesoek aan die land waar hy medevoorsitter is […]
# Botswana se president Duma Boko sê dis tydig en noodsaaklik dat sy land en Suid-Afrika voortgaan om samewerking in alle sektore te versterk. Hy het gisteraand ʼn staatsbanket aangebied ter ere van president Cyril Ramaphosa wat op ʼn tweedaagse staatsbesoek in Botswana is. Suid-Afrika is Botswana se grootste handelsvennoot en verantwoordelik vir meer as […]
The headlines of the leading newspapers on 21 May 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports the City of Johannesburg will investigate its finances amid the 5.3-billion-rand Eskom debt crisis. The mayor, Dada Morero, has pledged to work with the national government to solve the electricity crisis. # And the Netwerk24 website: Firstly also reports on […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 21 Mei 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Stad Johannesburg gaan ondersoek instel na sy finansies te midde van die Eskom-skuldkrisis van 5,3-miljard-rand. Die burgemeester, Dada Morero het onderneem om met die nasionale regering saam te werk om die elektrisiteitskrisis op te los. # En die […]
# Die Spesiale Ondersoekeenheid verwelkom ʼn reeks deurbrake in die stryd teen bedrog met die Covid-19 TERS-skema. Arrestasies in Mpumalanga, ʼn skuldigbevinding in die Vrystaat, en beslaglegging op bates wat deur misdaad verkry is verteenwoordig meer as 27-miljoen-rand wat van die staat gesteel is. In Mpumalanga is drie mense gearresteer wat na bewering vals werknemers […]
# President Cyril Ramaphosa se regspan het begin met ʼn hersieningsaansoek teen die Artikel 89-paneel se verslag wat bevind het daar is ʼn moontlike saak teen hom oor die inbraak op sy plaas, Phala Phala. Die regspan het hoofregter Mandisa Maya toestemming gevra om dokumente te beteken aan twee gewese senior regters wat die verslag […]