# Die Madlanga-kommissie se aanbevelingstaakspan het ʼn 49-jarige man in hegtenis geneem oomblikke voor hy ‘n internasionale vlug sou haal op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng. Die polisie sê hy is aangekeer omdat hy versuim het om voor die kommissie te verskyn. Die persoon is nog nie identifiseer nie, maar is volgens berigte ʼn sakeman van Noordwes wat vroeër die ANC se streeks-tesourier in die provinsie was. Hy sal na verwagting vandag in die Pretoriase Landdroshof verskyn.
Man aangekeer nadat hy versuim om voor Madlanga-kommissie te verskyn