Skip to content

Reserwebank-president sê hoër wêreldwye energiepryse en voedselkoste kan Suid-Afrika se inflasie laat styg

# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se president, Lesetja Kganyago, waarsku dat stygende wêreldwye energie- en voedselpryse bykomende inflasionêre druk op Suid-Afrika kan plaas en dit moeilik maak om verbruikerspryse onder beheer te bring. Inflasie sal vanjaar na verwagting gemiddeld 4,4-persent wees. Die sentrale bank verwag in 2027 ʼn geleidelike daling tot binne sy teiken-koers voor dit in 2028 na sy teiken van drie-persent terugkeer. Kganyago beskou geopolitieke spanning, stygende oliepryse, hoër kunsmiskoste, en moontlike onderbrekings in graanvoorraad deur die Swartsee as groot bedreigings vir die inflasie-verwagting.