Skip to content

Tennis: Serwiese speler vir 24 jaar geskors weens wedstrydknoeiery

# Tennis: Die Serwiër Stefan Milicevic is vir 24-jaar geskors omdat hy tussen 2022 en 2024 ses wedstryde gemanipuleer en probeer het om nog ses te manipuleer. Die Internasionale Tennis-integriteitsagentskap sê die 29-jarige is ook aangekla dat hy talle beroepspelers gewerf of probeer werf het om deel te word van ʼn korrupte netwerk. Dit het daartoe gelei dat ander spelers ook wedstryde gemanipuleer het. Milicevic, wie se beste posisie op die ATP-ranglys een-duisend-338ste was, is met meer as ‘n miljoen-rand beboet en mag eers in 2050 weer mededingend speel.