# Krieket: Die Protea-vroue het Zimbabwe met 80 lopies verslaan in die derde T20-wedstryd in Bulawayo en daarmee die reeks van vyf wedstryde beklink. Kaptein Laura Wolvaardt het ‘n onoorwonne 126 lopies aangeteken, die hoogste T20-telling ooit deur ‘n Protea-vrouespeler en haar 18de honderdtal, wat Smriti Mandhana van Indië se rekord ewenaar. Wolvaardt het ‘n […]
# Apple TV se riller-komedie Widow’s Bay het oorheers by die 78ste Emmy-toekennings in Los Angeles, waar dit 14 toekennings ontvang het, insluitend beste komediereeks en Kate O’Flynn vir beste ondersteunende aktrise. Matthew Rhys het die eerste akteur in Emmy-geskiedenis geword om as beste akteur vir rolle in verskillende reeks in een jaar te word, […]
# Krieket: Engeland se witbal-hoofafrigter, Brendon McCullum, hoop die gewese kaptein, Kevin Pietersen, se groot persoonlikheid en mededingingsgees sal die spelers aansteek. Pietersen het aangesluit as ‘n spesialis-mentor tot volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië. Hy het Sondag in Southampton by die span aangesluit voor die eerste van drie T20- en drie […]
# Die EFF sê hy verwerp ‘n polisiekultuur wat die verdwyning van vroue as ‘n nie-dringende en gewone saak beskou totdat families en gemeenskappe genoeg druk op hulle plaas om te reageer. Dit volg op die ontdekking van die liggame van vyf vroue in Kemptonpark, Ekurhuleni, oor die afgelope twee maande. Die EFF sê meer […]
# Die DA sê die Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya se eensydige besluit om elektrisiteit af te sny na ‘n reservoir in Centurion, wat aan Johannesburg Water behoort, is roekeloos en onverantwoordelik. Dit volg op uitstaande skuld van 62-miljoen-rand. Die afsluiting is deel van die metro se deurlopende “Tshwane Ya Tima”-inkomstevorderingsveldtog, wat gemik is op kliënte wat […]
# Die minister van Finansies Enoch Godongwana sê hoër vlakke van infrastruktuurbelegging staan sentraal in die verbetering van die voortgesette lae vlakke van ekonomiese groei. Suid-Afrika se bruto binnelalndse produk het in die tweede kwartaal vanjaar met 0,2-persent gedaal. Die regering beoog om oor die volgende drie jaar een-duisend-miljard-rand regstreeks in die infrastruktuur te belê […]
# Die Amerikaanse minderheidsleier, Hakeem Jeffries. het ‘n beroep op die Kongres gedoen om stappe te doen om kunsmatige intelligensie te beheer. Hy sê die welstand van Amerikaners moet beskerm word. Dis te midde van topleiers in die KI-bedryf wat ‘n versigtiger benadering in die ontwikkeling van die tegnologie aanmoedig en waarsku dit kan menslikheid […]
# Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, doktor Johnstone Makhubu, sê die land se fiskale toekoms hang af van ‘n betroubare belastingadministrasie wat ondersteun word deur bekwame mense, intelligente stelsels, volhoubare belegging en sterk vennootskappe. Hy het gister tydens sy toespraak by die Belastingindaba in Johannesburg gesê Suid-Afrika se belastingstelsel is fundamenteel gesond en steeds […]
# Atletiek: Die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe, sê die beheerliggaam sal nie sy standpunt oor Rusland en Belarus verander nie. Wêreldatletiek het in Julie aangekondig die verbod op Russiese en Belarussiese atlete bly van krag. Dis in Maart 2022 ingestel en verhoed hulle om aan internasionale kompetisies deel te neem. Die Russiese Atletiekfederasie het […]