The headlines of the leading newspapers on 30 October 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports the recalculation of the base of the South African economy has increased its scale by approximately 5.3-percent, to 8.044-trillion-rand. The paper writes the financial sector remains the largest contributor, while the manufacturing sector’s share has declined from 12.4-percent to 11.9-percent. […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 30 Oktober 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die herberekening van die basis van die Suid-Afrikaanse ekonomie het die omvang met sowat 5,3-persent tot 8,044-duisend-miljard-rand verhoog. Die koerant skryf die finansiële sektor bly die grootste bydraer, terwyl die vervaardigingsektor se aandeel van 12,4-persent tot 11,9-persent gedaal het. […]
# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê die regering maak vordering met die verskaffing van waardige behuising, bring gemeenskappe nader aan ekonomiese geleenthede en noodsaaklike dienste, en hanteer ruimtelike ongelykheid. Sedert die begin van demokrasie het die regering meer as vyf-miljoen behuisingsgeleenthede geskep. Huishoudings in formele woonplekke het toegeneem van 65-persent in 1996 […]
# Veertien mense is gister dood en tien ander gewond in ʼn Russiese hommeltuig-aanval op die hoof-treinstasie in die sentrale Oekraïne stad, Dnipro. ʼn Straal-aangedrewe hommeltuig het die stasie getref terwyl ʼn trein, wat na Zaporizhzhia sou vertrek, by ʼn platform gestaan het. Dis die jongste in ʼn reeks Russiese aanvalle op vervoer- en energie-infrastruktuur in […]
# Olimpiese Spele: Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee het Durban aangewys as voorkeur-gasheerstad vir sy bod om die Olimpiese en Paralimpiese Spele in 2036 of 2040 aan te bied. Die kabinet het die bod goedgekeur. Johannesburg en Kaapstad is ook as moontlike kandidaat-stede oorweeg. Sewe lande het belangstelling uitgespreek om 2036 se Spele aan […]
# Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, kritiseer boodskappe dat stemme vir nuwer politieke partye vermorste stemme is, en sê die land het ʼn nuwe visie onder ʼn nuwe politieke leierskap nodig. BOSA het sy laaste saamtrek gister in Finetown, Johannesburg, gehou voor sy eerste plaaslikeregeringsverkiesing. Maimane bepleit ʼn nuwe benadering tot plaaslike […]
# Die presidensiële Landbou-gesant, Wandile Sihlobo, sê indien Suid-Afrika toegang tot die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika sou verloor, dit uitdagings vir verskeie landboubedrywe sou skep, maar dit sal nie katastrofies wees nie. Die land was die grootste begunstigde van AGOA, waarkragtens deelnemende lande belastingvrye toegang tot die Amerikaanse mark in ’n verskeidenheid […]
# Krieket: Suid-Afrika het die derde dag van die derde en beslissende toets in Kaapstad op 140 vir vier in hul tweede beurt afgesluit, en is daarmee 40 lopies voor Australië. Die besoekers is ná middagete vir 429 lopies uitgeknikker, met Josh Inglis wat 102 lopies van 135 balle aangeteken het. Die Proteas, wat in […]
# Die Demokrate is in ‘n gunstige posisie in sleutelverkiesings vir die Senaat in Texas en Michigan, in die middeltermynverkiesing aanstaande Dinsdag, terwyl die stryd in Kansas en Maine meer gelykop is. ‘n Nuwe CNN-peiling toon die Demokraat Abdul El-Sayed in Michigan geniet die steun van 49-persent van waarskynlike kiesers, vergeleke met 42-persent vir die […]