# Katar se ministerie van Buitelandse Sake veroordeel die Houthi-hommeltuigaanval op Mekka, Islam se heiligste stad, en beskryf dit as ʼn skaamtelose daad van aggressie. Saoedi-Arabië het die Houthi-hommeltuig Dinsdag afgeskiet. Dis die eerste keer in byna ʼn dekade dat die Iran-gesteunde rebellegroep van Jemen Mekka teiken. Die ministerie sê die gewydheid en veiligheid van […]
# Die vakverbond COSATU sê hy het sy 15de nasionale kongres twee dae vroeër verdaag om die eenheid, integriteit en krag van die vakverbond te beskerm. Die kongres het in chaos verval nadat geaffilieerde vakbonde geweier het om geloofsbriewe in te dien nadat COSATU se eerste president, Mike Shengange, deur sy vakbond, NEHAWU, geskors is. […]
# Minstens 21 mense, waaronder elf kinders, is dood nadat ‘n gebou wat deur Israelse aanvalle beskadig is, in Gazastad ineengestort het. Daar word gevrees dat nog tientalle mense onder die puin vasgekeer is. Ongeveer 100 daklose Palestynse gesinne het in die gebou van verskeie verdiepings wat deur bomaanvalle verwoes is, ‘n heenkome gevind. Sowat […]
# Die DA het ‘n bykomende kontantbeloning van 500-duisend-rand aangebied vir inligting wat kan help met die ondersoek na die dood van agt vroue in Kemptonpark, Ekurhuleni. Die polisie het reeds ‘n kontantbeloning van 400-duisend-rand aangebied. Twee van die agt liggame is geïdentifiseer, terwyl die identiteit van die oorblywende ses slagoffers steeds onbekend is. Die […]
# President Cyril Ramaphosa is weens gesondheidsprobleme vrygestel van openbare verpligtinge. Die Presidensie sê sy mediese span hom aangeraai om te rus en te herstel nadat hy Maandag van die BRICS-beraad in Indië teruggekeer het. Volgens die Presidensie het die president, waar moontlik, die betrokke ministers gevra om hom by geskeduleerde openbare geleenthede te verteenwoordig. […]
# OpenAI se uitvoerende hoof, Sam Altman, sê die wêreld moet kunsmatige-intelligensiemaatskappye vertrou om die regte ding te doen omdat hulle die druk voel om verantwoordelik op te tree. Daar was die afgelope tyd toenemend kommer oor die tegnologie se moontlike gevare, en Anthropic se hoof, Dario Amodei, doen ʼn beroep dat alle KI-ontwikkeling verlangsaam […]
# Die vakbondfederasie COSATU se 15de nasionale kongres het misluk nadat dit gisteraand op die tweede dag van die byeenkoms in Midrand, Johannesburg, verdaag is. Die chaos is veroorsaak deur geskille oor geloofsbriewe, die regsstatus van die vakbondfederasie se eerste adjunkpresident, Mike Shingange, en vrae oor die kongres se wettigheid. Die ANC se nasionale voorsitter, […]
# Eerste minister Mark Carney sê Kanada wil ʼn uitsonderlike ekonomiese en veiligheidsalliansie met die Europese Unie aangaan. Ottawa wil sy ekonomiese afhanklikheid van die Verenigde State verminder nadat die handelsoorlog tussen dié twee lande die afgelope maand verskerp het. Sedert handelsgesprekke verlede maand skielik ineengestort het, probeer die twee lande mekaar, wat tariewe betref, […]
# Swem: Swem Suid-Afrika het ingestem om die volle rente aan die Olimpiese kampioen Tatjana Smith te betaal op prysgeld wat vir langer as ‘n jaar teruggehou is. Sy het sowat 560-duisend-400-rand gewen nadat sy goud en silwer verower het op 2023 se Watersport-wêreldkampioenskap in Japan. Swem SA het die geld eers betaal na Smith […]