# Die Palestynse militante groep Hamas het die aanvalle van 7 Oktober 2023 op Israel as ‘n “geskiedkundige mylpaal” in sy stryd beskryf. Gister was dit drie jaar sedert Hamas verskeie aanvalle in Israel, waaronder by ‘n musiekfees, uitgevoer, meer as een-duisend-200 mense vermoor en 251 gyselaars na Gaza ontvoer het. As weerwraak het Israel […]
# Suid-Afrika het tot in die 87ste plek uit 165 lande teruggesak in die 2026-jaarverslag oor Ekonomiese Vryheid van die Wêreld. Dit volg terwyl inflasiedruk en ʼn verswakkende geldeenheid breër ekonomiese uitdagings vererger. Die Vryemark-stigting en die Kanadese Fraser-instituut het vyf areas gemeet: die grootte van die regering; regstelsel en eiendomsregte; betroubare geld; vryheid om […]
# Sokker: Cristiano Ronaldo beskuldig Portugal se hoofafrigter, Jorge Jesus, dat hy sy beloftes aan hom verbreek het. Die 41-jarige kaptein het die nasionale span op die vooraand van ʼn Nasiesliga-wedstryd teen Denemarke verlaat nadat hy ʼn ongebruikte plaasvervanger teen Noorweë was. Renaldo beskuldig Jesus in ʼn lang verklaring van ʼn “absolute skending van vertroue” omdat […]
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Rusland gemaan om volledige en deursigtige inligting te verskaf na die dood van ʼn laboratoriumtegnikus by die Irkoetsk-navorsingsinstituut vir Plaagbestryding van Siberië in die suidooste van Moskou. Volgens onbevestigde berigte het die 28-jarige Darya Shipilova siek geword nadat ʼn proefbuis met builepes gebreek het, of ná ʼn besoek aan ʼn streek […]
The headlines of the leading newspapers on 07 October 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports the government has welcomed the preliminary findings of the African Commission on Human and Peoples’ Rights regarding migration in South Africa. The paper writes the Inter-Ministerial Committee on Migration stated the commission acknowledged the country’s legal framework for the protection […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 07 Oktober 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die regering het die voorlopige bevindinge van die Afrika-kommissie oor Menseregte en die Regte van Volke oor migrasie in Suid-Afrika verwelkom. Die koerant skryf die Interministeriële Komitee oor Migrasie sê die kommissie het erkenning gegee aan die land se […]
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, sê volhoubare finansiering en betroubare administrasie moet saam vorder en befondsingsbeleid moet ondersteun word deur funksionerende besluite, appèlle, verblyf en toelaag-betaalstelsels. Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente maak tans gereed vir die volgende akademiese jaar. Manamela sê hulle moet risiko’s betyds identifiseer en oplos voor […]
# Die polisie in Noordwes het gister drie Suid-Afrikaners en ʼn Zimbabwiër in hegtenis geneem na die ontdekking van ʼn multimiljoen-rand Mandrax-vervaardigingslaboratorium op ʼn kleinhoewe by Hartbeespoort-dam. Die polisie het inligting ontvang oor moontlik onwettige aktiwiteite op die perseel. Die provinsiale polisiekommissaris, Arthur Adams, sê toe hulle op die perseel aankom, het Brits se misdaadintelligensie […]
# Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, sê daar is Amerikaanse beleggings van miljarde dollars en duisende moontlikhede vir werksgeleenthede, maar Suid-Afrikaanse beleid staan in die pad daarvan. Sy jongste opmerkings volg terwyl die verhouding tussen Washington en Pretoria toenemend gespanne raak. Bozell het in ʼn onderhoud met Fox News Digital gewaarsku die […]