# Krieket: Miané Smit se eerste T20-honderdtal het die Suid-Afrikaanse vrouespan na ‘n oortuigende oorwinning van 80 lopies teen Zimbabwe in Bulawayo gelei en hul reeksvoorsprong tot 4-0 vergroot. Smit, wat as Speler van die Wedstryd aangewys is, het 102 lopies van 59 balle aangeteken en die Proteas gehelp om ‘n totaal van 205 vir […]
# Die ANC se eerste adjunk-sekretaris-generaal, Nomvula Mokonyane, sê hulle vra gereeld vir gesamentlike optrede om geslagsgeweld en vrouemoord die hoof te bied, en om gemeenskappe te bou waar vroue en kinders vry van vrees en geweld kan leef. Sy het die families besoek van Elizabeth Moselakgomo, Dineo Motapane en Itumeleng Kekana, wat deel is […]
# Die familie van die 28-jarige Gracious Nkomo het haar positief uitgeken as een van die vroue wie se liggame verlede week langs die R-21 in Kemptonpark gevind is. Sy was die derde vrou wat in die gebied gevind is. Dit volg terwyl die polisie voortgaan om die dood van nege vroue reg oor die […]
# Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê ‘n nouer vennootskap met Europa is daarop gemik om veerkragtigheid te skep eerder as selfvoorsiening. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het voorgestel dat Kanada die blok se eerste assosiaatlid word – ‘n status wat tans nie bestaan nie. Die EU en Kanada […]
# Rugby: Die gewese Engelse losskakel Stuart Barnes sê dit sal ‘n span aangevoer deur ‘n talentvolle speler soos Ardie Savea van Nieu-Seeland of Antoine Dupont van Frankryk vereis om die Springbokke in volgende jaar se Wêreldbekertoernooi te klop. Suid-Afrika gaan volgende jaar in Australië probeer om ‘n ongeëwenaarde derde agtereenvolgende titel te wen. Barnes […]
# President Donald Trump van Amerika dreig om “streng tariewe” in te stel of handel met die Europese Unie te staak indien Kanada dié blok se eerste assosiaatlid word. Kanada is tans in ʼn handelsoorlog met Amerika gewikkel, wat veroorsaak dat Ottawa nouer ekonomiese en veiligheidsbande met Europa soek. Trump, wat herhaaldelik voorgestel het dat […]
# Fidji het ʼn nasionale MIV-noodtoestand afgekondig. Tans leef een uit elke 60 mense met die virus, terwyl nuwe gevalle skerp styg. Vyf jaar gelede was die syfer een in 167. Volgens UNAIDS was slegs 39-persent van die geraamde nege-duisend-100 mense in Fidji wat in 2025 MIV-positief was, bewus van hul status en slegs 22-persent […]
# Die Nasionale Tesourie sê die regering sal seker maak Eskom se ontbondelingsproses word versigtig beplan en bestuur om alle risiko’s te hanteer. Die proses om eienaarskap en beheer van die kragverskaffer se netwerkbates aan ʼn onafhanklike transmissiestelsel-operateur oor te dra, gaan voort. Die operateur sal toesig hou oor die stelsel en bemarking, en die […]
# Die polisie het die identiteit van die agtste vrou wie se liggaam in KwaThema in Springs aan die Oos-Rand gevind is, bekend gemaak. Sy is uitgeken as die 38-jarige Dineo Evelyn Motapane. Volgens die polisie is Motapane Sondag laas lewend gesien en teen die tyd wat haar liggaam ontdek is het haar familie haar […]