# Die ANC se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, beskryf Phumzile Mlambo-Ngcuka as ʼn dinamiese leier wat haar nooit tot een area van verantwoordelikheid beperk het nie. Die 71-jarige wat as Suid-Afrika se adjunkpresident gedien het voor sy die Verenigde Nasies Vroue gelei het, is Vrydag dood na komplikasies met ʼn mediese prosedure wat sy twee weke gelede ondergaan het. Mantashe, wat gister die ANC-afvaardiging na Mlambo-Ngcuka se gesinswoning in Johannesburg gelei het, sê sy was ʼn ANC-veteraan op wie se raad die beweging altyd kon staatmaak:
Mantashe bring hulde aan Mlambo-Ngcuka en beskryf haar as ’n dinamiese leier [KLANK]
ENG MantasheOnNgucka