# Die MK-party het ʼn saak van crimen injuria teen die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Helen Zille, gelê na ʼn beweerde godslasterlike en vulgêre uitbarsting tydens ʼn politieke debat in Augustus. Verteenwoordigers van MK, ActionSA en die Patriotic Alliance het ook deelgeneem toe Zille na bewering godslasterlike taal teen Ayanda Allie van ActionSA gebruik […]
# Ontleders beskou nie die Amerikaanse president, Donald Trump, as ʼn ernstige kandidaat vir vanjaar se Nobelprys vir Vrede nie, wat vanoggend deur die Noorweegse Nobel Instituut aangekondig word. Hy is volgens berigte deur leiers van Israel, Kambodja en Pakistan benoem. Onder die 208 individue en 79 organisasies wat as kandidate geregistreer is, is die […]
# Die beroemde Italiaanse tenoor Andrea Bocelli se konsert in Jordanië kan moontlik geboikot word oor sy steun vir Israel. Eerste minister Benjamin Netanyahu het in 2022 sy konsert in Tel Aviv bygewoon nadat die sanger pro-Palestynse aktiviste se aandrang ignoreer het dat Israel geboikot word. Bocelli het ook in 2010 opgetree by ʼn fondsinsamelingsgeleentheid […]
# Die Britse polisie het erken die lasbrief vir oud-prins Andrew se eiendomme is verkeerdelik toegestaan en moet tersyde gestel word. Die 66-jarige voormalige koninklike is in Februarie in hegtenis geneem vir beweerde wangedrag in ‘n openbare amp oor sy bande met die oorlede veroordeelde pedofiel Jeffrey Epstein. Sy ouer broer, koning Charles, het hom […]
# ‘n Wes-Kaapse vrou is 20-jaar tronkstraf opgelê vir die moord op haar drie agter-kleinkinders. Die 71-jarige Sarie de Villiers van Wellington het erken dat sy in November 2021 opsetlik met haar voertuig teen Bainskloofpas afgery het. Sy het dit oorleef, maar die agtjarige Caleb Booysen en sy jonger broers, Gradwell en Joshua, is dood. […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria het die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, se besluit om Swart Ekonomiese Bemagtiging se Regsektor-kode in die Staatskoerant se publiseer, tersyde gestel. Die kode stel teikens vir swart eienaarskap en leierskap in regsfirmas, wil geleenthede vir swart vroue uitbrei en meer werk na regsfirmas in swart besit […]
# Gholf: Die tweemalige Major-kampioen Jon Rahm het LIV Golf verlaat en beskou die voorwaardes wat vir die voorgestelde herbekendstelling van die wegbreekreeks as “onaanvaarbaar”. LIV is tans in die VSA onder bankrotskap na Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds sy befondsing onttrek het. Die liga het moontlike finansiering van BC Partners Credit verseker. Rahm se prokureur, […]
# Die MK-party sê sy leier, Jacob Zuma, se gesondheid is goed. Dit volg op berigte dat hy Dinsdag in die hospitaal opgeneem is nadat hy blykbaar siek geword het. Die koerant The Witness, in Pietermaritzburg, het berig dat ‘n ooggetuie gesien het hoe die voormalige president per ambulans na die hospitaal gebring en opgeneem […]
# President Donald Trump van Amerika het sy opmerking herhaal dat die Iran-oorlog nodig was om te verhoed dat Teheran stede soos Los Angeles of San Diego in ʼn kernaanval vernietig. Dit is ten spyte daarvan dat Amerikaanse intelligensie-agentskappe verlede jaar verklaar het dat Iran sy pogings om kernwapens te bou, meer as twee dekades […]