# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en die polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, is ingeroep om te help met die ondersoek na die Ekurhuleni-moorde. ‘n Hoëvlak-, multidissiplinêre span is aangewys om die moorde op nege vroue te ondersoek. Terselfdertyd het die polisie ‘n beloning van 400-duisend-rand uitgeloof vir inligting wat kan […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het bevestig dat drie verdagtes vir ondervraging in hegtenis geneem is in verband met die moord op nege vroue in Ekurhuleni, Gauteng, oor die afgelope twee maande. Van die nege liggame wat gevind is, is daar een wat nie as vermiste persoon aangemeld is nie. Die owerhede […]
# Rugby: Die kaptein van die Springbok-vrouespan, Babalwa Latsha, sê hul wedstrydplan sal die sleutel wees om Wallis vanaand te klop in hul eerste W-15-wêreldreekswedstryd op Cardiff Arms Park. Die twee lande het al agt keer teen mekaar gespeel en Wallis het ses keer gewen, insluitend in 2014 se Wêreldbekertoernooi. Latsha sê hulle het ‘n […]
# Vyftien mense is in die suidelike Nigeriese staat Ondo aangekeer na die dood van 49 mense wat ʼn plaaslik-vervaardigde alkohol-brousel gedrink het wat vermoedelik metanol bevat. Altesaam 182 mense is moontlik geraak. Die staat se Gesondheidskommissaris, Banji Ajaka, sê owerhede het waarneming en kontak-opsporing verskerp om die bron van die giftige brousel op te […]
# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het die ad hoc-komitee gewaarsku om nie van sy mandaat af te wyk nie, sy werk af te handel en sy verslag voor te lê. Die komitee ondersoek beweerde korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel en het verlede week sy sesde uitstel verkry. Didiza sê […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, is op ‘n werkbesoek aan Amerika waar hy ‘n reeks afsprake in Washington het voor die 81ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York. Sy besoek volg net dae nadat die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, nuwe visumbeperkings aangekondig het vir […]
# Die Amerikaanse president Donald Trump het herhaal dat Iran ‘n ooreenkoms wil bereik maar nog nie bereid is om die voorwaardes wat hy meen nodig is, te aanvaar nie. Een van die grootste probleme is die Straat van Hormoes, die strategiese waterweg waardeur ‘n aansienlike deel van die wêreld se olie normaalweg beweeg. Ontwrigting […]
# Motorsport: Die bekende Suid-Afrikaanse renjaer, die 41-jarige Robert Wolk, is in Kemptonpark, Ekurhuleni, doodgeskiet. In sy loopbaan van byna drie dekades het hy sukses behaal in items soos knortjorre, toermotors en ander baanwedrenne. Sy prestasies sluit in die Suid-Afrikaanse Junior Knortjor-kampioenskap-titels in 1995 en 1997, en talle Formule Ford-kampioenskappe. Hy het vanjaar sy tweede […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het die Internasionale Handelsadministrasie-kommissie versoek om Suid-Afrika handelsbeleid oor papierprodukte te hersien. Dit volg op versoeke van plaaslike vervaardigers vir hoër pryse vir internasionale papierprodukte aangesien hulle sukkel om mee te ding met goedkoper ingevoerde produkte, hoër elektrisiteit en vervoerkoste, en druk op winsgrense. Tau […]