# President Donald Trump van Amerika sê die enigste moontlikhede is om Iran te vernietig, dit ekonomies te laat verrot, of om ʼn ooreenkoms te bereik. Dit volg nadat Amerika, saam met sommige bondgenote in die Midde-Ooste, gereedmaak om optrede teen Teheran te hervat. Trump het aan Fox News gesê hy is bereid om hierdie […]
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, SANRAL, opdrag gegee om die Moriel Infrastructure Group te ondersoek. Dit volg nadat ʼn direkteur van die maatskappy, Lawrence Mudzinganyama, op video betrap is waar hy ʼn groep vroue in ʼn dames-kleedkamer by die Vlamo-restaurant in Sandton dreig. Hy het verskoning gevra. Moriel […]
# Tennis: Duitsland, Brittanje en Spanje is deur na die Davisbeker-eindtoernooi. Die Amerikaanse Ope-kampioen, Alexander Zverev, het Dino Prizmic verslaan om Duitsland se oorwinning van 3-1 oor Kroasië te beklink. Brittanje is ook deur nadat die dubbelspel-span, Henry Patten en Neal Skupski, met Gonzalo Escobar en Diego Hidalgo afgereken het om ʼn sege van 3-0 […]
# Wêreldleiers, diplomate, kampvegters en ander invloedryke stemme vergader hierdie week in New York vir die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering. Leiers sal globale samewerking bevorder, ʼn noodsaaklike hupstoot gee aan die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte, en kollektiewe optrede bepleit vir vrede, waardigheid en gelykheid op ʼn gesonde planeet. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê te […]
# Die IVP-president Velenkosini Hlabisa sê die party se plaaslikeregeringverkiesingsmanifes is nie ʼn lys leë beloftes nie, maar ʼn verbintenis om dienste betyds te lewer. Hy het die manifes gister by Kwamashu se Princess Magogo-stadion in Durban bekendgemaak. Hlabisa sê die manifes het vyf belangrike punte: werkskepping; die bespoediging van dienslewering en werkbare infrastruktuur; samewerking […]
# Die Suid-Afrikaanse ondersoekende joernalis, Micah Reddy, en sy plaaslike helper, Kooki Mahmoud, word volgens berigte in Djiboeti in Oos-Afrika vermis. Die omstandighede rondom die verdwyning van die twee mans, wat Saterdagmiddag vermis geraak het, is onbekend. Reddy is die Afrika-koördineerder by die Internasionale Konsortium van Ondersoekende Joernaliste. Hy sou na verwagting vandag die land […]
# Rugby: Die ervare tweemanskap, Pieter-Steph du Toit en Damian de Allende, sal nie Sondag in die Springbokke se eenmalige toetswedstryd teen Australië in Perth speel nie. Hulle is ná ‘n veeleisende werkslas vrygestel. Die afrigter, Rassie Erasmus, sê die toergroep beskik oor genoeg ervaring vir die wedstryd teen die Wallabies. Die wedstryd is vir […]
The headlines of the leading newspapers on 21 September 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports the Public Service Commission will ask the Treasury for an additional 435-million-rand following the expansion of its mandate. Under recent amendments to the Public Service Commission Act, municipalities have now been placed under the commission’s oversight. # And the Netwerk24 […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 21 September 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Staatsdienskommissie gaan die Tesourie vir nog 435-miljoen-rand vra nadat sy mandaat uitgebrei is. Volgens onlangse wysigings aan die Wet op die Staatsdienskommissie word munisipaliteite nou onder die kommissie se toesig geplaas. # En die Netwerk24-webblad: Berig die Zimbabwiese […]