# ʼn Veertienjarige seun is dood en 24 mense beseer in ʼn ontploffing tydens ʼn skooluitstappie in die noorde van Israel naby die Libanese grens. Israel se weermag sê die ontploffing is waarskynlik veroorsaak deur ʼn trosbom van Hisbolla wat nie afgegaan het nie. Die polisie vermoed een van die leerders het die toestel opgetel […]
# Krieket: Matt Renshaw het met kolf en bal geskitter en Australië staan ʼn goeie kans om Suid-Afrika te klop in die eerste toets op Kingsmead in Durban. Renshaw het in Australië se tweede beurt 82 lopies behaal en die Proteas se teiken op 421 gestel. Hy het sy eerste toetspaaltjie platgetrek en Suid-Afrika se […]
# President Donald Trump verdedig ‘n ooreenkoms wat toelaat dat Russiese diesel in die wêreldmark verhandel word, en sê dit kan help om brandstofpryse te verlaag. Sy regering het sanksies tydelik verslap om die voorrade toe te laat, wat kritiek van Republikeinse en Demokratiese wetgewers uitgelok het. Sewe senatore het by Trump aangedring om die […]
# Die ANC se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, het uit die COSATU-kongres gestap nadat hy beswaar gemaak het teen die volgorde van sprekers. Mantashe, wat die ANC-afvaardiging gelei het, het daarop aangedring om laaste te praat en gesê dit is die gevestigde tradisie. Die program het die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party voor die ANC geplaas, gevolg […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, vra ‘n breër beoordeling van provinsiale onderwysprestasie en sê die matriek-slaagsyfer is nie langer die enigste maatstaf vir gehalte nie. Sy sê die fokus op die bereiking van die hoogste slaagsyfer het onbedoelde gevolge gehad, insluitend gebruike wat leerders se vordering en deelname aan sleutelvakke kan ondermyn. […]
# Krieket: Suid-Afrika se voormalige hoofafrigter, Eric Simons, gaan volgens berigte aangestel word as boulafrigter in die Engelse toetsafrigter, Stephen Fleming, se ondersteuningspan. Fleming is besig om sy span bymekaar te kry vir die reeks teen die Proteas in Desember. Simons was tussen 2002 en 2004 in beheer van Suid-Afrika en was ook ‘n ruk […]
# Die Britse eerste minister, Andy Burnham, sê Rusland het ingemeng by die Brexit-referendum van 2016. Die parlementêre komitee vir Intelligensie en Veiligheid het in 2020 bevind die regering het versuim om die uitwerking te beoordeel van Russiese staatsmedia-beheerde rekeninge op die referendum oor Europese Unie-lidmaatskap. Die Russiese ministerie van Buitelandse Sake verwerp die bewerings. […]
# Pous Leo het bekend gemaak dat hy ‘n operasie sal ondergaan om ‘n gewas op sy long te laat verwyder. Die 71-jarige het die aankondiging Sondag aan diegene gedoen wat op die Sint Pietersplein vir die Angelus-gebed byeengekom het. Pous Leo sê die gewas is in ‘n baie vroeë stadium opgespoor en is goed […]
# Rugby: Die Springbok-haker Bongi Mbonambi se loopbaan by die Haaie kan dalk kortgeknip word terwyl hy wag op ‘n uitspraak oor beweerde wangedrag. Die 35-jarige se maande lange tugverhoor spruit uit ‘n beweerde oortreding van spanreëls tydens ‘n spanbou-geleentheid voor die seisoen. Volgens Rapport het Mbonambi, Eduan Swart en Trevor Nyakane na bewering protokolle […]