# Voorlopige uitslae in Rusland se eerste parlementêre oorlogstyd-verkiesing, toon die hoofparty in die Kremlin oorheers die verkiesing. Volgens aanvanklike inligting deur die Sentrale Verkiesingskommissie is die Verenigde Rusland-party, wat president Vladimir Putin ondersteun, die voorloper met bykans 58-persent van die stemme. Betekenisvolle opposisie bestaan feitlik nie in Moskou nie, met kritici wat verbied word […]
# Krieket: Die Protea-vroue se hoofafrigter, Mandla Mashimbyi, sê hulle het hul doelwitte op die Zimbabwiese toer bereik en ook meer spelers ʼn geleentheid gegee. Suid-Afrika het 5-0 skoonskip gemaak in hul geskiedkundige eerste T20-reeks teen hul buurvroue. Kaptein Laura Wolvaardt en Miané Smit het uitstaande vertonings gelewer en honderdtalle aangeteken. Annerie Dercksen het in die […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrikaners moet hulself voorberei op die ergste moontlike scenario rondom betrekkinge met Amerika. Die Amerikaanse regering het nuwe visumbeperkings ingestel weens beweerde diskriminerende beleid. Lamola lei dié week die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die 81ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New […]
# Die Duitse kanselier, Friedrich Merz, sê hy sal nie bedank nie, al toon meningsopnames dat sy party, die sentrum-regse Christen Demokratiese Unie, in twee plaaslike verkiesings groot nederlae kan ly. Die verregse Alternatief vir Duitsland sal na verwagting die noordoostelike staat, Mecklenburg-Vorpommern, met 38-persent wen. In die ander verkiesing loop die linkse Die Linke-party […]
# Sokker: Real Madrid se afrigter, José Mourinho, sê wedstrydbeamptes kon nie die druk hanteer nie nadat sy span 2-1 teen Atlético Madrid verloor het in La Liga. Hy meen Atlético moes in die eerste helfte twee rooikaarte gekry het: een vir verdediger Cristian Romero wat op Jude Bellingham getrap het, en ‘n tweede vir […]
# Die Mpumalanga-taxibaas, Joe “Ferrari” Sibanyoni, verskyn vandag weer voor die Madlanga-kommissie. In sy vorige verskyning in Augustus, het hy talle ernstige bewerings gemaak oor die taxibedryf, vermeende misdaadnetwerke en sy eie ervarings. Volgens hom gebruik sommige taxiverenigings ‘swendel-geld’ om huurmoordenaars vir sluipmoorde te betaal. Sibanyoni en sy drie medebeskuldigdes is tans uit op borgtog. […]
# Die DA het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, in ‘n brief gevra vir ’n dringende debat van nasionale belang oor die toenemende krisis rondom geslagsgeweld en vrouemoord in Ekurhuleni. Ondersoekers volg tans alle moontlike leidrade op rakende die geheimsinnige moorde op nege vroue in die metro. Lisa Schickerling van die DA […]
# Gholf: Die Amerikaner, JJ Spaun, het 67 in die laaste ronde aangeteken om die PGA-kampioenskap met twee houe te wen in sy eerste deelname aan die Europese Toer se spogtoernooi by Wentworth in Engeland. Die Spanjaard, Manuel Elvira, en drie ander, naamlik Rory McIlroy van Noord-Ierland, die Australiër Adam Scott en Aaron Rai van […]
# Die Inter-ministeriële Komitee oor Geslagsgeweld en Vrouemoord het ʼn omvattende strategie goedgekeur om die oortreders agter die moord op nege vroue in Ekurhuleni, Gauteng, vinnig voor die gereg te bring. Drie persone van belang is aangekeer vir ondervraging, terwyl die polisie probeer vasstel of al die moorde met mekaar verband hou. Die minister in die […]