# Die MK-party sê hy is vol vertroue dat ʼn koalisie-ooreenkoms met ActionSA, die ANC en die EFF teen vanmiddag in Gauteng se drie metropolitaanse munisipaliteite beklink sal word. Dit sluit die DA uit, al het dié party die meeste stemme in al drie metro’s behaal. Volgens berigte kry ActionSA die burgemeestersposte in Tshwane en Johannesburg, en die ANC behou beheer in Ekurhuleni. Die MK-party se woordvoerder, Sifiso Mahlangu, sê die koalisie het oor die meeste belangrike kwessies ooreenkomste bereik.
MK-party glo ’n koalisie-ooreenkoms met die ANC, ActionSA en EFF sal vandag beklink word