Skip to content

Tennis: Alcaraz dring deur na die halfeindronde van die ATP-eindtoernooi

# Tennis: Verlede jaar se naaswenner, Carlos Alcaraz, is deur na die halfeindronde van die ATP-jaareindtoernooi in Turyn, Italië. Die 23-jarige Spanjaard het sy elfde agtereenvolgende oorwinning behaal toe hy die Rus Daniil Medvedev verslaan het en hoop op ‘n derde agtereenvolgende binnenshuise titel nadat hy in Wene en Parys gewen het. In die ander wedstryd in die Ivan Lendl-groep het die Amerikaner Frances Tiafoe sy eerste wedstryd in die toernooi gewen. Hy het die Italianer Flavio Cobollli geklop en pak Medvedev môre vir ‘n plek in die halfeindronde.