# Die Stad Johannesburg vra die publiek om kommentaar te lewer oor die hernoeming van vier strate rondom die St Mary’s-katedraal. Pleinstraat sal Desmond Tutu-straat word ter ere van die Nobelpryswenner vir Vrede en anti-apartheidsaktivis. Wanderers-straat sal na Simeon Nkoane-straat verander ter ere van die Anglikaanse priester en leier, met De Villiersstraat wat na die […]
# Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Brent Bozell, verwelkom die skietstilstand tussen Amerika, Israel en Iran en beskryf dit as ‘n positiewe stap na bestendigheid. Die skietstaking is deur Pakistan bemiddel en volg ná 40-dae van reuse-gevegte. Dit verlig spanning in die Midde-Ooste en die strategies-belangrike Seestraat van Hormoes is heropen. Dit verminder ook vrese […]
# Tennis: World number ten Daniil Medvedev of Russia was handed the very first double bagel of his career in the round of 32 of the Monte-Carlo Masters. He lost 6-love, 6-love to unseeded Italian Matteo Berrettini within 49 minutes, leading to a serious meltdown halfway through the second set. The 30-year-old Medvedev demolished his […]
# ActionSA het ‘n strafsaak aanhangig gemaak en klagtes ingedien by die Openbare Beskermer en die Parlement se Etiekkomitee teen die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, oor onverklaarde luukse voertuie van ‘n miljoen-rand. Tolashe beweer Chinese amptenare het die voertuie aan die ANC-Vroueliga geskenk, maar rekords toon dis in haar kinders se name geregistreer. […]
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê ‘n tweejaarlikse MIV-voorkomingsinspuiting sal ná die bekendstelling versprei word na 350 oorbelaste gesondheidsgeriewe. Altesaam 37-duisend-920 dosisse het vanaf Ierland aangekom. Die middel, wat Gilead Sciences ontwikkel het, is daarop gemik om voorkomingskeuses uit te brei en nakoming te verbeter. Motsoaledi sê dit sal kwesbare groepe bevoordeel, insluitend […]
# Hizbollah-militante in Libanon het vanoggend aanvalle op Noord-Israel en Israelse soldate in Libanon gestaak nadat ‘n skietstilstand tussen Amerika en Iran aangekondig is. Die sleuteltussenganger, die Pakistanse eerste minister, Shehbaz Sharif, sê die skietstaking van twee weke sluit Libanon in, waar ‘n nuwe oorlog tussen die Irans-gesteunde Hizbollah en Israel vroeg verlede maand uitgebreek […]
# Pakistan se eerste minister, Shehbaz Sharif, sê onderhandelings begin Vrydag in Islamabad oor ‘n beslissende ooreenkoms om alle vyandighede tussen Amerika en Iran te besleg. Die twee lande het ooreengekom op ‘n wapenstilstand van twee weke, met Teheran wat instem tot die veilige heropening van die strategies-belangrike Seestraat van Hormoes. Pakistan het as bemiddelaar […]
# Oudpresident Jacob Zuma het die Konstitusionele Hof genader om regter Sisi Khampepe te verwyder as voorsitter van die Waarheids- en Versoeningskommissie-ondersoek. Die Hooggeregshof in Johannesburg het verlede maand ‘n aansoek van Zuma en sy voorganger, Thabo Mbeki, verwerp om Khampepe te verwyder en gelas die hoofregter se toestemming word benodig voor regstappe teen ‘n […]
# Rugby: Young prop Massimo de Lutiis decided to stay in his native Australia for another three years after receiving offers from Ireland and Ulster. He is eligible for Ireland through his mother’s citizenship status. The 22-year-old De Lutiis, who plays Super Rugby for the Reds, had been invited to the Wallabies camp twice, but […]