# Die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, is gretig om terug te keer werk toe nadat die Pretoriase Landdroshof die aanklagte teen hom teruggetrek het. Dit het verband gehou met ‘n polisie-tender van 360-miljoen-rand aan die beweerde misdaadbaas Vusimuzi “Cat” Matlala. Masemola beskryf die afgelope maande as moeilik en uitdagend en sê dit het hom […]
# Motorsport: Isack Hadjar van Red Bull keer die naweek terug na Formule Een-aksie in die Azerbeidjanse Grand Prix nadat hy van ‘n gewrigbesering herstel het. Die 21-jarige Fransman het die vorige wedrenne in Nederland, Italië en Spanje misgeloop. Hy is weer Max Verstappen se spanmaat, terwyl Liam Lawson terugkeer na Racing Bulls. Die naweek […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het 13 veranderings aangebring aan sy opdrafspan vir Sondag se eenmalige toets teen Australië in Perth. Die senter André Esterhuizen is kaptein en net die slot Eben Etzebeth en die vleuel Ethan Hooker bly oor van die span vir die laaste toets teen die All Blacks. Jan-Hendrik Wessels, Zachary Porthen […]
# Die minister van Landbou, Willie Aucamp, sê kwalifiserende privaat ondernemings sal toegelaat word om die Landbounavorsingsraad se intellektuele eiendom te gebruik om sy entstof teen bek-en-klouseer in grootmaat te vervaardig. Die raad het die toegewing eenparig goedgekeur. Hy sê dis doeltreffend teen plaaslike stamme met een jaarlikse dosis, maar hy kan dit nie in […]
# Die ekonoom Thabi Leoka sê motoriste kan volgende maand rekordhoë brandstofpryse verwag. Syfers van die Sentrale Energiefonds toon die prys van 95-oktaan loodvrye petrol kan met twee-rand-78 tot 29-rand-70 styg. Dit oortref die vorige rekord van 28-rand-6-sent in Junie. Die groothandelprys van diesel kan 33-rand-5-sent per liter bereik. Die verwagte stygings word toegeskryf aan […]
# Nasionale polisie-woordvoerder Athlenda Mathe sê dis moontlik dat nog slagoffers na vore kan kom ná die inhegtenisneming van ‘n senior offisier in Sandton, Johannesburg, op aanklagte van seksuele misdrywe. Sy het buite die Randburgse Landdroshof gepraat tydens die beskuldigde se eerste verskyning. Mathe het enigiemand wat geraak is of oor inligting beskik, aangemoedig om […]
# Tennis: Young Brazilian Joao Fonseca is taking a break from the sport to recover mentally and physically after an eventful season. The 20-year-old world number 28 is described as one of the most promising young talents. He says a series of injuries kept him out of important tournaments and from playing the way he […]
# Rugby: Bulls head coach Johan Ackermann announced a touring squad of 26 players for Saturday’s United Rugby Championship match against Zebre in Parma and next weekend’s against Munster in Ireland. The Pretoria team’s first home match will be against the Lions on the tenth of next month. Ackermann says they want to hit the […]
# Strafregtelike aanklagte is teruggetrek teen die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, in die Pretoriase Landdroshof. Hy het tereggestaan ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oor ‘n tender van 360-miljoen-rand tussen die polisie en Medicare 24 van die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala. Masemola is geskors nadat hy aangekla is. Die Nasionale Vervolgingsgesag het […]