# Pous Leo het Argentinië se president, Javiere Milei, en politieke leiers gevra om die demokrasie te beveilig en sê die versterking van die demokrasie vereis bereidheid om te luister en die versigtige gebruik van woorde. Hy het in Buenos Aires gepraat tydens sy tweede besoekpunt op ‘n toer van 12 dae aan Latyns-Amerika. Milei is ‘n noue bondgenoot van die Amerikaanse president, Donald Trump, en die Katolieke Kerk sê sy besparingsmaatreëls tref veral armes. Leo beklemtoon die ekonomie moet die mense dien, en veral armes.
Pous Leo sê Argentinië se ekonomiese aansporings moet nie armes teiken nie