# Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, sê dis nie nou tyd vir ondeurdagte reaksies na hulle nederlaag teen Australië in die eerste toets in Durban nie. Hy beklemtoon daar is geen verskonings nie, maar wys op die invloed van talle beserings, veral dié van die snelbouler Kagiso Rabada. Hy behoort te kan speel […]
# Iran verander sy strategie en verskerp aanvalle op skepe in die Seestraat van Hormoes. Amptenare het aan Reuters gesê Teheran wil oliepryse hoog hou en druk op Amerika plaas voor volgende maand se middeltermynverkiesing. ‘n Amerikaanse militêre amptenaar sê Iran gebruik bemannings van klein, ongewapende bote om teikens te help identifiseer nadat Amerikaanse aanvalle […]
# Nog twee slagoffers is dood ná gisteraand se skietvoorval in Katlehong-Noord in Gauteng. Die slagoffers was volgens berigte op pad terug van ‘n gedenkdiens toe ‘n gewapende man op hulle losbrand. Die polisie sê die laaste twee slagoffers is later in die hospitaal dood. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê dit bring die dodetal op vier […]
# ‘n Strafregtelike klagte van bedrog van meer as 22-miljoen-rand is aanhangig gemaak teen die kaartjieverskaffer Adriaan Pieterse nadat kopers na bewering nie hul kaartjies ontvang het vir verskeie groot sportbyeenkomste nie. Die gasvryheidsagentskap Leisure Connexion en sy eienaar, Adelbert Retief, het die klagte ingedien. News24 berig die beweerde verliese sluit sowat 11-miljoen-rand in vir […]
# Die Departement van Basiese Onderwys verwelkom die positiewe begin van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. Die eind-eksamen het gister begin, en meer as 800-duisend voltydse en deeltydse kandidate het hul eerste vraestelle geskryf. Woordvoerder Terence Khala sê daar was geen noemenswaardige voorvalle nie. Hy bedank onderwysers, ouers en amptenare vir hul bydrae om ‘n gladde […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die verhoor in die voortslepende wapen-korrupsiesaak teen oudpresident Jacob Zuma en die Franse wapenmaatskappy Thales begin op 1 Februarie volgende jaar. Dit volg nadat hulle versuim het om aansoek te doen om verlof tot appèl teen die uitspraak van die KwaZulu-Natalse Hooggeregshof dat die verhoor kan voortgaan. Die NVG sê […]
# Rugby: Springbok loose forward Evan Roos plays his first match of the season for the Stormers in Saturday’s Champions Cup match against England’s Bristol Bears in Cape Town. He returns from a hamstring injury in place of injured Hacjivah Dayimani in the number eight jersey. The hosts feature an all-new front row in the […]
# Eskom is op soek na ‘n strategiese vennoot om te help met die ontwikkeling van ‘n pomp-opgaarskema van 1,5 gigawatt naby Roossenekal in Limpopo. Na verwagting sal die Tubatse-projek Suid-Afrika se grootste pomp-opgaarfasiliteit word, met die vermoë om 21-gigawatt-uur elektrisiteit te stoor en vir tot 14 uur krag op te wek. Die woordvoerder van […]
# Motorsport: Rwanda het Suid-Afrika geklop met die aankondiging van Formule Een dat dié land in die vroeë 2030’s die Grand Prix sal aanbied. Dit sal die eerste een in Afrika wees sedert die Suid-Afrikaanse wedren van 1993 op Kyalami in Johannesburg. F1 het aangekondig ‘n splinternuwe FIA-graad 1-renbaan sal in Bugesera, naby die nuwe […]