Skip to content

Sokker: Kozo Tashima van Japan gaan Infantino om FIFA-presidentskap uitdaag

# Sokker: Die erepresident van Japan se beheerliggaam, Kozo Tashima, is verkiesbaar vir FIFA se presidentskap ​​en sal in Maart volgende jaar teen Gianni Infantino meeding. Die 68-jarige lid van FIFA se raad sê hy wil integriteit en hoë morele standaarde handhaaf en bydra tot ‘n beter toekoms vir die sport. Tottenham Hotspur se voormalige verdediger, Ramon Vega, het verlede maand die eerste kandidaat geword wat in die openbaar verklaar het hy wil Infantino uitdaag. Potensiële kandidate het tot 18 November tyd om hulle benoemings in te dien.