# Die Personeelvereniging vir die Motorbedryf sê die Verenigde Nasies se kommer oor die moorde op vroue in Ekurhuleni, Gauteng, beklemtoon die versuim om vroue teen geslagsgeweld en vrouemoord te beskerm. Woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola sê daar is planne om geslagsgeweld en vrouemoord te bekamp, maar dit word nie voldoende befonds of doeltreffend uitgevoer nie. Sy […]
# Die Springbok-rugbykaptein, Siya Kolisi, vra Suid-Afrikaanse mans om verantwoordelikheid te aanvaar en dringend op te tree teen geslagsgeweld en vrouemoord na die ontdekking van nege vroue se liggame in Ekurhuleni, Gauteng. Hy het gepraat in Australië, waar die Springbokke voorberei vir volgende naweek se toets teen die Wallabies. Kolisi sê Suid-Afrikaners moet saamstaan teen […]
# Rugby: Exciting young versatile back player Luan Giliomee is expected to relocate to Pretoria next month after signing for the Bulls. He is currently still under contract with the Sharks. Bulls coach Johan Ackermann says this means the 19-year-old South African under-20 star, who can play both fullback and flyhalf, won’t be available for […]
# Die sakeman Hangwani Maumela, wat die middelpunt is van ‘n wyer ondersoek na beweerde korrupsie by die Tembisa-hospitaal in Gauteng, betwis ‘n belastingrekening van 1,9-miljard-rand. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens eis die geld van Maumela en die trustees van die MHR-familietrust. Die Spesiale Ondersoekeenheid het voorheen sy familietrust gekoppel aan beskermde bates wat by die ondersoek […]
# ‘n Bejaarde vrou van Oekraïne het ‘n gevorderde Russiese hommeltuig met haar kaal hande gedeaktiveer. Beeldmateriaal uit die Zaporizjzja-gebied toon hoe die ouma kalm na die kamikaze-hommeltuig stap wat op die grond gelê het. Sy het die toestel se vesel-optiese beheerkabel uitgeruk, wat die sein heeltemal afgesny het. Die video het wêreldwyd aandag getrek, […]
# Die Withuis het ‘n verslag deur menseregtekenners van die Verenigde Nasies verwerp wat bevind daar is genoegsame rede om te glo Amerika het in Februarie oorlogsmisdade gepleeg tydens lugaanvalle op Iran. Missiele het ‘n laerskool in Minab en ‘n sportkompleks in Lamerd getref waarin 177 mense dood is. Die Withuis se woordvoerder, Anna Kelly, […]
# Krieket: Ben Sawyer het na vier jaar as hoofafrigter van Nieu-Seeland se vrouespan bedank, ná ‘n omvattende hersieningsproses van die span se hoëprestasiestruktuur. Sy kontrak sou eers in Desember verstryk het. Sawyer se grootste prestasie was om die White Ferns in 2024 in Dubai na hul eerste T20-Wêreldbekertitel te lei. Spanbestuurder Rachel Pettit gaan […]
# Tennis: Die Amerikaner Brandon Nakashima maak vanjaar sy Laverbeker-buiging as plaasvervanger vir sy landgenoot, Ben Shelton, wat onttrek het. Die 25-jarige het ‘n goeie seisoen beleef waarin hy die eerste keer tot die wêreld se top-20 deurgedring het. Nakashima sluit aan by sy mede-Amerikaners Taylor Fritz en Learner Tien, Alex de Minaur van Australië, […]
# Volgende Donderdag is Erfenisdag, maar ‘n organisasie sonder winsbejag, Inyathelo, sê dit is nie genoeg om Suid-Afrika se ryk kulturele uiteenlopenheid slegs te vier nie. Die organisasie se woordvoerder, Feryal Domingo, sê die ware gees van Erfenisdag is om die diep wonde en sistemiese ongelykhede van apartheid heeljaar aan te pak. Sy sê organisasies […]