# Die Direkteur van Openbare Vervolging het die voormalige polisiesersant Fannie Nkosi se aansoek geweier om strafregtelike aanklagte teen hom te hersien. Sy regsverteenwoordiger, Katlego Maleho, het ook onttrek. Nkosi het vandag in die Landdroshof in Pretoria-Noord verskyn ná sy bedanking uit die Polisiediens verlede maand. Die aanklagte teen hom sluit in regsverydeling, diefstal en bedrog in verband metsy beweerde inmenging met polisiebewyse in Limpopo, en die besit van onwettige vuurwapens, ammunisie en amptelike polisiedokumente.
Direkteur van Openbare Vervolgings verwerp Fannie Nkosi se versoek om aanklagte te hersien