# Die DA loop tans voor in die Gautengse metro’s Johannesburg en Ekurhuleni namate uitslae steeds inkom. Die DA het in Johannesburg 42-persent van die steun gewerf, gevolg deur ActionSA met 15.5-persent en die ANC in die derde plek met 15-persent. Die DA loop ook in Ekurhuleni voor met 43.7-persent, terwyl die ANC 14-persent steun gewerf het. ActionSA loop in Tshwane voor, gevolg deur die ANC en die DA. Uitslae word steeds by die Verkiesingskommissie se nasionale uitslagsentrum in Midrand, Johannesburg, verwerk.
DA tans voor in Johannesburg en Ekurhuleni namate Gauteng se uitslae inkom