# Die Turkse polisie het in Istanboel toegeslaan op die kantore van die opposisie-uitsaaier, Halk TV, en regstreekse uitsendings gestaak. Die televisiestasie sê honderde polisielede het vroegoggend die gebou betree, personeel toegang geweier en regstreekse uitsendings met vooraf opgeneemde programme vervang. ‘n Bestuurder wat deur die regering aangestel is, het beheer oorgeneem. Aanklaers sê die […]
# Die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala het sy borgtogaansoek teruggetrek in die Landdroshof in Pretoria. Hy word aangekla van bedrog, vervalsing en die gebruik van vervalste dokumente oor ‘n beweerde bedrieglike huurooreenkoms vir ‘n luukse eiendom in Waterkloofhoogte, teen 95-duisend-rand per maand. Die staat voer aan Matlala, sy vrou Tsakane, en nog twee beskuldigdes […]
# Die Universiteit Stellenbosch vra ‘n omvattende benadering tot die ondersteuning van topatlete se geestesgesondheid. Die sielkundige Leslie Swartz sê daar word van hul verwag om op hulle beste te presteer terwyl hul buitengewone eise van kompetisies op die hoogste vlak moet hanteer. Hy sê om hul geestesgesondheid te ondersteun verg meer as om probleme […]
# Russiese missiel- en hommeltuigaanvalle het die elektrisiteitsvoorsiening aan minstens 600-duisend mense in Oekraïne ontwrig. President Volodimir Zelensky sê die hoofstad, Kiëf, en die stad Kharkiv is getref tydens die nagtelike aanvalle. Minstens drie mense is dood en 21 beseer. Zelensky sê die aanvalle het talle energie-aanlegte beskadig en vrese neem toe vir verdere kragonderbrekings. […]
# FNB het die afgelope boekjaar ‘n toename van 47-persent in die waarde van digitale kaart-transaksies aangeteken, wat dui op ‘n groeiende aanvaarding van veilige digitale betaal-oplossings. Die bank sê dit weerspieël veranderende betaalgewoontes in sy digitale ekostelsel, wat meer as 19-miljoen gereelde platformgebruikers en meer as 12-miljoen kliënte bedien. Virtuele kaarte word toenemend gebruik […]
# SANParke het ‘n uitbreking van bek-en-klouseer onder koedoes in die Addo-olifant-nasionale park in die Oos-Kaap bevestig. Woordvoerder JP Louw sê lamheid is onder die diere opgemerk. Aanvanklike toetse was negatief, maar ‘n tweede reeks toetse het positief getoon. Geen ander wildspesies toon kliniese tekens nie. Louw sê die positiewe uitslag dui nie op die […]
# Tennis: Six-time Grand Slam champion Iga Swiatek barely broke a sweat before beating Polish compatriot Magdalena Frech in the round of 32 at the Wuhan Open in China. She clinched her 40th victory of the season and is still on course for a potential quarterfinal showdown with three-time champion Aryna Sabalenka of Belarus. World […]
# Gimnastiek: Die Russiese Gimnastiek-federasie het Nederland gekritiseer vir sy weiering om visums uit te reik aan drie Russiese gimnaste vir die Wêreld-sier-gimnastiek-kampioenskap wat Saterdag in Rotterdam begin. Hulle is die heersende vroue-wêreldkampioen, Angelina Melnikova, Viktoria Listunova en Anna Kalmykova. Die federasie bestempel die besluit as diskriminasie en ‘n skending van die beginsels van gelyke […]
# Tennis: Die tweemalige Grand Slam-kampioen Alexander Zverev sien uit na die verantwoordelikheid om wêreld-nommer-een te wees. Die 29-jarige Duitser het die posisie Maandag beklink. Hy het eers drie Grand Slam-eindstryde verloor voor hy in Junie sy eerste titel opgeraap het in die Franse Ope, gevolg deur sy tweede in die Amerikaanse Ope. Zverev erken […]