# ‘n Vier-en-twintig-jarige man wat die naweek ses mense doodgeskiet het op ‘n gewilde markplein in Kraków, Pole, het vandag in die hospitaal gesterf. Die Poolse burger het in die stad se hoofmarkplein lukraak op mense begin skiet. Vier vroue en twee mans is dood en 16 mense, insluitend twee polisiebeamptes, beseer. Beamptes het die aanvaller gewond, waarna hy in ‘n bedenklike toestand hospitaal toe is. Voorlopige ondersoeke toon hy is deur verregse ideologieë beïnvloed. Poolse aanklaers het begin met ‘n ondersoek na terrorisme.
Man wat ses mense in Kraków doodgeskiet het sterf in hospitaal