# Die vakbond GIWUSA sê hy is werklik bekommerd oor die aanhoudende stygings in brandstof- en elektrisiteitspryse, wat volgens hom Suid-Afrikaanse werkers en hul gesinne benadeel. Hierdie maand se petrolstyging was een-rand-34 sent per liter, terwyl diesel met tussen twee-rand-94-sent en drie-rand-15-sent per liter gestyg het. Die president van GIWUSA sê daar sal volgende maand […]
# Tennis: Alexander Zverev has reached the US Open men’s singles final after beating Karen Khachanov in straight sets, 6-3, 7-6, 7-6 at Flushing Meadows yesterday. The German top seed held his nerve in two tight tie-breaks to secure his second US Open final appearance. Zverev will face 23-year old American Ben Shelton, who defeated […]
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, en die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se raad het ooreengekom die onmiddellike fokus moet op studentebefondsing en dienslewering bly. Hulle het ook die skema se finansiële posisie, die afhandeling van verskille, die regstelling van ouditbevindings, studenteverblyf en gereedheid vir die 2027-akademiese jaar bespreek. Die […]
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het ‘n reeks maatreëls aangekondig om die bestuur, leierskap en bestendigheid van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente te versterk. Die minister het Richardt Ramashia as tussentydse voorsitter van die raad aangewys. Die departement se woordvoerder, Matshepo Seedat, sê die aanstelling het ten doel om […]
# Die Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid versoek motoriste en die publiek om bedag te wees op misdadigers wat hulle voordoen as polisielede of verkeersbeamptes. Dit volg nadat ‘n Gautengse Verkeerspolisie-uniform en ‘n gesteelde Chery Tiggo 7 in ‘n eiendom in Dawnpark gevind is. Die Gautengse verkeerspolisie se woordvoerder, Sello Maremane, raai die publiek aan om […]
# Twee bekende demokrasie-aktiviste in Hongkong is tot meer as sewe jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van ondermyning ingevolge Hongkong se nasionale veiligheidswet. Lee Cheuk-yan is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis, en die menseregte-prokureur, Chow Hang-tung, is sewe jaar en drie maande opgelê. Albei was leiers van die ontbinde Hong Kong Alliance, wat jaarlikse herdenkingsgeleenthede […]
# Die middelveld-speler van Polokwane City, Manuel Kambala, is opgeroep vir Mosambiek se span in komende internasionale wedstryde. Die 34-jarige draf gereeld vir die Mambas uit en het sy land in die Afrikabeker-toernooi verteenwoordig. Kambala het goed begin in die nuwe Premierliga-seisoen, met Polokwane City wat onder die vroeë voorlopers tel. Kambala sluit nou by […]
# Die DA sê die verwagte tekort van 33-miljard-rand teen 2029 by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente toon die huidige befondsingsmodel is nie meer volhoubaar nie. Die party vra die skema moet gedesentraliseer word, sodat universiteite en TVET-kolleges groter verantwoordelikheid vir die bestuur van studentebefondsing kan neem. Delmaine Christians van die DA sê die […]
# Die polisie in Gauteng sê ‘n gesamentlike benadering deur wetstoepassingsagentskappe, die regering, die sakegemeenskap en gemeenskappe help om misdaad te bekamp. Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Tommy Mthombeni, sê Operasie Shanela 2 het gelei tot 88-duisend-584 inhegtenisnemings, insluitend die van 14-duisend-256 onwettige immigrante. Beamptes het ook beslag gelê op 282 vuurwapens, bykans ses-duisend rondes ammunisie […]