# Die Hooggeregshof in Johannesburg het die Mosambiekse burger Armindo Pacula tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir die huurmoord in Desember verlede jaar in die Johannesburgse middestad op die mediapersoonlikheid Warrick “DJ Warras” Stock. Pacula het skuldig gepleit ingevolge ‘n pleitooreenkoms en erken hy is 25-duisend-rand betaal is om DJ Warras dood te skiet. Hy […]
# Die Johannesburg Metropolisiedepartement het motoriste gewaarsku oor groot verkeersontwrigtings rondom die Orlando-stadion in Soweto voor vandag se MTN8-botsing tussen Orlando Pirates en Durban City. Paaie sal van 10-uur vanoggend af gesluit word, met belangrike roetes soos die N17, Soweto-snelweg, Klipspruit Valleyweg, Mookistraat en Martha Louwstraat wat geraak word. JMPD-woordvoerder Xolani Fihla doen ‘n beroep […]
# Sokker: Die verdedigende MTN8-kampioene Orlando Pirates begin vandag hul veldtog vir ‘n rekord vyfde agtereenvolgende titel wanneer hulle teen Durban City op die Orlando-stadion speel. Kaptein Nkosinathi Sibisi sê die Buccaneers is gereed vir ‘n moeilike ontmoeting. Mamelodi Sundowns is gasheer vir Polokwane City en vasbeslote om die plaaslike trofee terug te eis, terwyl […]
# Die nuut-aangestelde Raad van die Openbare Beleggingskorporasie het ontmoet om toesig- en korporatiewe bestuurstrukture te vestig teneinde bestendigheid en kontinuïteit te verseker. Die Raad het ‘n uitspraak deur die Hooggeregshof in Pretoria verwelkom waarvolgens die voorsorgskorsing van die uitvoerende hoof van die korporasie, Patrick Dlamini, ongeldig en onwettig verklaar is. Dlamini het sy pligte […]
# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, het sy meegevoel betuig met die gesinne van die 17-jarige Cameron Waldeck-Cooks, ‘n leerder van St Stithians College, en die 19-jarige Ethan Coetzee. Albei is Maandag in ‘n gastehuis in Sabie dood gevind. Maile se woordvoerder, Onwabile Lubhelwana, sê die LUR het die publiek gevra om die […]
# Rugby: All Blacks captain Patrick Tuipulotu says the Stormers tested their discipline and credited their strong physical dominance in their first clash of their South African tour in the Cape Town stadium last night that the visitors won by 38 – 21. Head Coach Dave Rennie also expressed frustration over the team’s finishing capability […]
# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die party breek weg van die tradisionele manier, met streng keuring en onderhoude met burgemeesterskandidate vir die 2026-plaaslike regeringsverkiesing. Mbalula sê die ANC se verkiesingsmanifes is nou gefinaliseer, en meer as tienduisend wykskandidate word landwyd verwerk. Hy het bygevoeg die strenger keuringsproses sal verseker dat bekwame […]
# Die Afrika Mayibuye-beweging sê hy het kandidate regoor Suid-Afrika om die 2026-plaaslike regeringsverkiesing in alle munisipaliteite te betwis. Die beweging se president, Floyd Shivambu, sê kandidate is geïdentifiseer deur konsultasies in al vierduisend-488 wyke. Shivambu sê die proses het daarop gefokus om etiese, bekwame en gemeenskapsgerigte leiers te vind. Hy sê die benadering weerspieël […]
# Die waarnemende Nasionale Polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het ‘n beroep op inwoners van Reigerpark aan die Oos-Rand in Gauteng gedoen om ondersoekbeamptes te help om die persone te identifiseer wat verantwoordelik is vir die moord op twee lede van die Teen-Bende-eenheid. Die nasionale Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê gespesialiseerde polisie-eenhede is ontplooi om die verdagtes op […]