# ‘n Vier-en-twintig-jarige vrou wat verkeerdelik as die negende slagoffer in die Ekurhuleni-moorde geïdentifiseer is, leef nog. Newzroom Afrika berig Teballo Monamodi het gister veilig teruggekeer na haar huis in Vosloorus. Daar is vroeër berig Monamodi is die slagoffer nadat haar gesin haar in die staatslykshuis uitgeken het. Die negende liggaam wat vroeër hierdie week […]
# Die DA se burgemeesterskandidaat in Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, sê die Stad doen nie genoeg om vroue te beskerm nie. Een van die nege slagoffers in die Ekurhuleni-moorde, Elizabeth “Tsontso” Moselakgomo, word vandag ter ruste gelê in Phake-Ga Rankaila in Mpumalanga. Rasilingwane sê vroue behoort nie in vrees te leef in hul gemeenskappe nie. Sy […]
# Motorsport: Die veteraanrenjaer Marcel Angel is dood ná ‘n ernstige voorval tydens ‘n motorwedren gister op die Killarney Internasionale Renbaan in Kaapstad. Motorsport Suid-Afrika het bevestig die 62-jarige is dood toe hy aan die eerste wedren van die Extreme SuperCars-kategorie tydens die National Extreme Festival deelgeneem het. Die res van Saterdag se program is […]
# Die Inkatha Vryheidsparty stel vandag sy manifes vir die plaaslike regeringsverkiesing van 2026 by die Princess Magogo-stadion in KwaMashu, Durban, bekend. Die IVP se nasionale woordvoerder, Mkhuleko Hlengwa, sê die party se manifes sal planne uiteensit vir doeltreffende, etiese en verantwoordbare munisipaliteite, goeie bestuur en integriteit, asook die plaaslike ekonomie, met die fokus op […]
# Anthropic has quietly set up a biology laboratory in the San Francisco Bay Area as it expands its use of artificial intelligence in life sciences. Reuters reports the company is hiring biologists and biochemists and wants to use AI to investigate rare and neglected diseases. The move comes amid earlier warnings that increasingly powerful […]
# Die Departement van Basiese Onderwys sê sy Nasionale Grondslagfase-katalogus vir 2026 is goedgekeur, wat die weg baan vir provinsiale verkryging. Woordvoerder Terence Khala sê die besluit volg na ondersoeke deur die Ouditeur-generaal, ‘n onafhanklike ondersoek en regskenners wat bevind het daar was geen bedrog of begunstiging nie. Khala sê provinsies is reeds betrek by […]
# Groenland en Denemarke sê ‘n nuwe ooreenkoms met Amerika bedreig nie Groenland se soewereiniteit nie, ondanks president Donald Trump se uitlating dat Washington permanente beheer oor veiligheid op die eiland sal hê. Reuters berig die ooreenkoms sal na verwagting voorsiening maak vir ‘n groter Amerikaanse militêre teenwoordigheid in Groenland, maar die gebied bly onder […]
# Krieket: Engeland is terug bo-aan die T20-ranglys nadat hulle al drie wedstryde in ‘n reeks teen Sri Lanka gewen het, met ‘n oorwinning van agt paaltjies in die finale wedstryd in Manchester. Sri Lanka is vir 124 lopies uitgeknikker, met Sonny Baker, Will Jacks en Jofra Archer wat elk twee paaltjies geneem het. Engeland […]
# Cricket: The Proteas Women completed a five-nil T20 International series sweep over Zimbabwe after winning the final match by 13 runs in Bulawayo yesterday. South Africa posted 164 for six, with Kayla Reyneke unbeaten on 34 and Anneke Bosch making 33. Zimbabwe appeared to be in contention at 103 for two, but the Proteas […]