Skip to content

Tennis: Venus Williams ly 16de agtereenvolgende nederlaag

# Tennis: Die Amerikaanse tennislegende Venus Williams het haar 16de agtereenvolgende nederlaag in enkelspelwedstryde gely na sy teen die Oostenrykse tiener Lilli Tagger by die Guangzhou-ope in China verloor het. Die 46-jarige Williams, wat al sewe Grand Slam-titels gewen het, is steeds op soek na haar eerste enkelspeloorwinning sedert Julie verlede jaar. Die 18-jarige Tagger beklee die 53ste plek op die wêreldranglys. Williams is 599ste op die ranglys. Die ouderdomsverskil van 28 jaar tussen die spelers is glo van die grootstes ooit in die WTA-toer. Williams het wel Maandag haar dubbelspelwedstryd gewen.