# Die ActionSA lid van die Parlement, Dereleen James, het aantygings van die Madlanga-kommissie dat sy geheime misdaadintelligensie-dokumente ontvang het, ten sterkste ontken. Die aantyging is deur die staatsadvokaat van die Ondersoekdirektoraad teen Korrupsie, Drushantha Ramsamy, gemaak, wat aanvoer die dokumente is onder James se parlementêre kantoordeur ingeskuif. James het aan die SABC gesê haar […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, het deurgedring na die ronde van 16 van die Kanadese Ope in Toronto toe sy Zhang Shuai van China geklop het. Die derde-gekeurde Amerikaner , Jessica Pegula, is ook deur toe sy Kamilla Rakhimova van Oesbekistan verslaan het. Die sewende-gekeurde Pool, Iga Swiatek, het Viktorija Golubic van […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, gaan vandag in Johannesburg voor die Khampepe Kommissie van Ondersoek en Vervolging van misdade uit die apartheid-era verskyn. Sy sal onder meer getuig oor haar rol as minister in die ondersoek en vervolging van misdade uit die tydperk en die toepassing van aanbevelings deur die […]
# Die ANC in die eThekwini-streek veroordeel die moord op sy wyksraadslid in Wyk 17, Sibusiso Khwela, en sê die barbaarse daad beroof die gemeenskap van ʼn goeie staatsamptenaar. Khwela is gister in sy kantoor in Klaarwater, wes van Durban, doodgeskiet. Die KwaZulu-Natalse taakspan vir politieke moorde sal die moord ondersoek. Die ANC se taakspan-koördineerder […]
# Die Africa Centres for Disease Control and Prevention en die Wêreldgesondheidsorganisasie vra dringende verskerping van die gemeenskap-gedrewe Ebola-reaksie in die Demokratiese Republiek die Kongo. Daar is drie-duisend-973 bevestigde gevalle en een-duisend-801 sterftes in die DRK aangemeld. Meer as tweederdes van hierdie sterftes was in gemeenskappe en nie in behandelingsentrums nie. Africa CDC se direkteur-generaal, […]
# Die Brakpan-landdroshof het die moordsaak teen die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, en vier ander tot 13 Augustus uitgestel. Mkhwanazi sal in aanhouding bly nadat die staat borgtog teengestaan het. Die vyf word daarvan beskuldig dat hulle die sakeman Emmanuel Mbense, wie se liggaam in ‘n dam naby Nigel gevind is, vermoor […]
# Die DA sê die Wes-Kaapse regering se projek vir sanitêre waardigheid sal byna 13-miljoen-rand in die 2026/2027 finansiële jaar ontvang om nagenoeg190 duisend meisie-leerders by 715 openbare skole te ondersteun. Wendy Kaizer-Philander van die party sê die program voorsien gratis sanitêre produkte, wat help om meisies op skool te hou, hul waardigheid te beskerm […]
# Die staat het die Brakpan-landdroshof meegedeel die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, en vier medebeskuldigdes het ooreengekom om stil te bly na die beweerde moord op die sakeman Emmanuel Mbense, en dat enigiemand wat sou praat, doodgemaak sou word. Mbense is in 2022 aangerand, gemartel en sy liggaam is in ‘n dam […]
# Die hoof van ondersoeke by die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Matthews Sesoko, het aan die Madlanga-kommissie gesê vorige viktimisasie in die werkplek en ‘n vermeende werkverwante ontvoering het hom verhinder om sy uitsluiting van Misdaadintelligensie-ondersoeke te betwis. Sesoko het gesê hoewel daar moontlik ‘n saak teen Misdaadintelligensie-amptenare was, het IDAC versuim om behoorlike ondersoekprosesse te […]