Skip to content

Hof verwerp Trump-administrasie se eis om 20-duisend pos-stembriewe in Kalifornië ongeldig te verklaar

# ʼn Amerikaanse federale appèlhof het die Justisie-departement se poging verwerp wat wou keer dat Kalifornië sowat 20-duisend pos-stembriewe tel wat volgens hom nie van landsburgers is nie. Dit kom in aanloop tot Dinsdag se belangrike middeltermynverkiesing. Die Departement van Justisie het die Kaliforniese minister van Buitelandse Sake 48 uur gegee om die bevel uit te voer, maar kiesbeamptes het geweier, wat tot die hofsaak gelei het. Kalifornië se prokureur-generaal, Rob Bonta, sê die uitspraak is ʼn oorwinning vir stemregte en ʼn verwerping van die Trump-administrasie se “onregmatige ingryping”.