# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Alexander Zverev, het vier wedstrydpunte afgeweer om die Spanjaard Martin Landaluce te klop en die Weense Ope se rondte van 16 te haal. Indien die Duitser die kwarteindronde in Wene haal, sal hy Maandag die eerste keer in sy loopbaan nommer een wees wanneer hy die Italianer, Jannik Sinner, onttroon. Die sewemalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, het in die eerste rondte met Karen Khachanov van Rusland afgereken. Flavio Cobolli van Italië en die Amerikaner, Tommy Paul, is ook deur na die rondte van 16.
Tennis: Zverev en Alcaraz behaal oorwinnings op Weense Ope