# Krieket: Draaibouler Björn Fortuin sal die Proteas in die T20-driehoekreeks in Namibië aanvoer, asook in ‘n eendagreeks. Suid-Afrika en sy mede-gashere vir volgende jaar se eendagwêreldbeker, Namibië en Zimbabwe, sal vanaf die 28ste in die hoofstad Windhoek speel, gevolg deur drie eendagwedstryde teen die gashere. Die broers van twee Proteas is gereed om ook […]
# Die Ministerie van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het ‘n wetsontwerp ingedien om die Wet op Oproerige Byeenkomste uit die apartheid-era te herroep en te vervang met nuwe wetgewing oor sameswering en aanhitsing om ernstige oortredings te pleeg. Minister Mmamoloko Kubayi het aan die media gesê die veranderinge sal die wet in lyn bring met […]
# Die Wes-Kaapse regering sê dhy gaan pogings verskerp om beleggings te lok en meer werksgeleenthede te skep, na die provinsie se werkloosheidsyfer tussen April en Junie tot 19,5-persent gedaal het. Die provinsie het op ‘n jaargrondslag 91-duisend werksgeleenthede geskep, met sterk groei in finansies, handel en landbou. Regan Thaw van die provinsiale regering sê […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging is bekommerd oor die stygende werkloosheidsyfer, wat tussen April en Junie tot 33,6-persent gestyg het. Volgens die vakbond het 345-duisend meer mense werkloos geraak, terwyl jeugwerkloosheid tot 47,4-persent gestyg het. Phakamile Hlubi-Majola van MISA vra die regering, sake-ondernemings en arbeid om saam te werk om permanente werkgeleenthede te skep, in vaardighede te […]
# Nvidia het ‘n vennootskap met ses groot finansiële instellings aangegaan om meer as 8,1-duisend-miljard-rand in derdeparty-kapitaal in te samel om KI-infrastruktuur te finansier. Die finansiers, Goldman Sachs, Apollo, BlackRock, Blackstone, Brookfield en KKR, het die memorandum van verstandhouding met Nvidia onderteken. Die stap beklemtoon hoe die toenemende vraag na KI-rekenaarkapasiteit institusionele beleggers lok, namate […]
# Die Ministerie van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het strenger wette voorgestel om onwettige mynbou hok te slaan, insluitend boetes van tot 100-miljoen-rand en tronkstraf van tot 30 jaar. Die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Algemene Mynwette maak ook voorsiening dat dit ‘n misdryf sal wees om onwettige mynbedrywighede te ondersteun of te help bedryf. Minister Mmamoloko […]
# Advokaat Drushantha Ramsamy van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie het voor die Madlanga-kommissie getuig oor gerugte dat brigadier Dineo Mokwele se pa, die senior Valke-offisier brigadier Mapome Mohajane, van omkopery aangekla is. Ramsamy sê dit het die indruk geskep dat die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, vir Mokwele aangestel het as ‘n guns vir haar […]
# Die DA sê die Gautengse LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, se regsdreigemente teen munisipaliteite wat skole se water en elektrisiteit ontkoppel, sal nie die provinsie se langdurige nutsdienste-krisis oplos nie. Die party skryf dit toe aan swak samewerking, onakkurate munisipale fakturering, onbetaalde eiendomsbelasting en onvoldoende befondsing. Die DA-lid, Sergio Isa Dos Santos, sê dringende […]
# Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente word volgens berigte belas deur ongeveer 823-duisend voormalige studente met 49,5-miljard-rand se studielenings wat nog nie terugbetaal is nie. Die syfers het hernude kommer veroorsaak oor die skema se leningsherwinning en finansiële bestuur. NSFAS het voorheen begunstigdes wat voor 2018 lenings ontvang het, gevra om hul skuld terug […]