Skip to content

MK-party se verkiesingsveldtog word as katastrofiese gemors beskryf

# Lede beskryf die MK-party se eerste munisipale verkiesingsveldtog as ʼn katastrofiese gemors. Partyleier Jacob Zuma is nog nie weer in die openbaar gesien sedert hy vroeër die maand tydens ʼn saamtrek siek geword het nie. MK het sy Siyathatha-saamtrek en fisiese manifes-bekendstelling afgestel, sy agtste hoofsekretaris in minder as drie jaar afgedank en sy parlementêre koukus geherstruktureer. ʼn Persoon in die binnekring het aan News24 gesê Zuma se afwesigheid weerspieël die gebrek aan ʼn amptelike nasionale verkiesingsveldtog. Hy sê MK se verkiesingsveldtog was ʼn volslae mislukking.