# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het hom aan die Cincinnati-ope onttrek weens ‘n regterkniebesering, wat kommer wek oor sy fiksheid vir die Amerikaanse Ope, wat op 30 Augustus begin. Die Italianer het nog nie weer deelgeneem sedert hy verlede maand sy tweede agtereenvolgende Wimbledon-titel verower het nie. Sinner sê hy is gefokus op sy […]
# Krieket: Die Protea-snelbouler Kagiso Rabada sê hulle verwelkom die vryheid en verantwoordelikheid om op eie bodem in ‘n Wêreldbekertoernooi te speel. Suid-Afrika sal volgende jaar saam met Zimbabwe en Namibië die 14de eendag-Wêreldbekertoernooi aanbied. Die toernooi keer na 24 jaar terug na Afrika. Rabada het deelgeneem aan Suid-Afrika se twee mees onlangse eendag-Wêreldbeker-veldtogte in […]
# ‘n Oekraïnse hommeltuigaanval het vanoggend minstens 12 slagoffers geëis en nog 39 beseer in die stad Nizjnekamsk in Rusland se Tatarstan-streek. ‘n Groot, tegnologies gevorderde olieraffinadery is in die stad geleë, waarskynlik die teiken van die aanval. Moskou sê hulle het 456 Oekraïnse hommeltuie afgeskiet. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê voortgesette aanvalle op […]
# Die N3-tolkonsessie sê die kombinasie van verhoogde verkeersvolumes, ongunstige weerstoestande en voortgesette konstruksie-aktiwiteite sal heel waarskynlik lei tot stadiger reistoestande en moontlike vertragings. Dit volg met die Vrouedag-langnaweek wat vandag ten einde loop, met swaar verkeer wat reeds noordwaarts na Gauteng ervaar word. Die konsessie se hoofbedryfsbeampte, Thania Dhoogra, sê ligte sneeu is aangemeld […]
# Drie bergpasse in die noordelike dele van die Oos-Kaap is tans gesluit weens swaar sneeuval. Dit is die Barkly-pas op die R-58 tussen Elliot en Barkly-Oos, die Penhoek-pas op die N6 tussen Komani en James Calata en Boesmanshoek-pas tussen Sterkstroom en Molteno. Die provinsiale woordvoerder van die Departement van Vervoer, Unathi Binqose, sê motoriste […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê verhoogde maatreëls is ingestel om georganiseerde en geweldsoortredings te bekamp. Dit sluit bendemisdaad en onwettige dwelms in. Hy het gister die toneel in Reigerpark, Ekurhuleni, besoek waar twee vroulike lede van die publiek en twee lede van die Teen-bende-eenheid Vrydagaand vermoor is. Cachalia sê bendelede is […]
# Die Wes-Kaapse polisie bied belonings van tot 100-duisend-rand aan vir inligting wat verband hou met twee van die drie afsonderlike massaskietvoorvalle wat oor die naweek elf lewens in Kaapstad geëis het. Vyf mense is in Langa doodgeskiet, met drie ander in die Barcelona-informele nedersetting in Gugulethu. Drie mans is ook in Khayelitsha doodgeskiet. Die […]
# Die ANC-vroueliga het gevra dat geskikte befondsing beskikbaar gestel word vir die implementering van die verklaring van geslagsgeweld en vrouemoord as ‘n ramptoestand. President Cyril Ramaphosa het verlede jaar geslagsgeweld as ‘n nasionale ramp geklassifiseer. Hy het ook lede aangestel vir die nuwe Nasionale Raad oor Geslagsgeweld en Vrouemoord. Die waarnemende president van die […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die plaaslikeregeringsverkiesing in November bied vroue die geleentheid om te besluit wie hulle moet verteenwoordig. Vroue maak die meerderheid van Suid-Afrika se bevolking uit. Die VF Plus sê die land se daaglikse werklikheid word gekenmerk deur misdaad, swak dienslewering, onveilige skole en water- en elektrisiteitsprobleme. Hy sê politiek vereis sterk, […]