# Three crew members have been killed in a suspected Houthi attack on a cargo ship in Yemen’s Bab el-Mandeb Strait. Yemeni coast guard and military sources say the Tanzanian-flagged vessel was hit by a projectile off the coast of al-Mokha. Two Pakistani crew members and one Indonesian were reportedly killed. British maritime authorities confirmed […]
# A Syrian court has sentenced ousted former president Bashar al-Assad to death in absentia after finding him guilty of war crimes and crimes against humanity committed during the country’s civil war. Assad fled to Moscow with his family after his regime was overthrown in December 2024, ending more than five decades of family rule. […]
# Die GOOD-party sê die Nasionale Tesourie se besluit om teen ‘n hofuitspraak te appelleer wat die regering gelas om die toegang tot die Maatskaplike Noodlenigingstoelaag te verhoog en uit te brei, is skandelik. Die Tesourie skat die toepassing van die uitspraak deur die Hooggeregshof in Pretoria om toegang tot die toelae te verbreed, kan […]
# Die Forum for South Africa is bekommerd oor bewerings dat vertroulike Misdaadintelligensie-inligting met Parlementslede gedeel is. Staatsadvokaat Drushantha Ramsamy van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie het by die Madlanga-kommissie beweer Dereleen James van ActionSA het uiters geheime Misdaadintelligensie-dokumente ontvang wat onder die deur van haar parlementêre kantoor ingeskuif is. Sy het dit ontken. Die forum […]
# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê die toenemende vlakke van gewelddadige en georganiseerde misdaad dui op ‘n dieper krisis in die land se veiligheidsargitektuur, veral die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Oor die naweek is elf mense in drie afsonderlike voorvalle in die Wes-Kaap doodgeskiet, terwyl vier mense, insluitend twee beamptes van die polisie se Teen-bende-eenheid, in Reigerpark, […]
# Amnestie Internasionaal Suid-Afrika het die betroubaarheid van die statistiek wat deur die regering oor misdade teen vroue en kinders aangebied word, bevraagteken. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Polisiediens die publikasie van afgebreekte misdaaddata in Augustus verlede jaar opgeskort het, insluitend statistiek oor die moord op en aanranding van vroue en kinders. Die uitvoerende direkteur […]
# Eskom sê hy het die afhanklikheid van diesel-aangedrewe opwekking aansienlik verminder, ondanks die selektiewe gebruik van diesel tydens spitstye en om die vereiste reserwes te handhaaf. Vir die boekjaar tot dusver van 1 April tot 6 Augustus, staan dieseluitgawes op 948,46-miljoen-rand, vergeleke met 5,73-miljard-rand oor dieselfde tydperk verlede jaar. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê die […]
# Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal het die mees ontevrede Suid-Afrikaanse verbruikers, wat verantwoordelik is vir 78-persent van alle klagtes wat by die Ombud vir Verbruikersgoedere en -dienste ingedien word. Die ombud het tussen 1 Maart 2025 en 28 Februarie 2026 15-duisend klagtes ontvang, ‘n toename van 25,8-persent vanaf die 12-duisend-207 klagtes wat in die […]
# Die Parlement se gesamentlike staande komitee oor Verdediging het die belangrikheid beklemtoon van ‘n goed funksionerende verdedigingsbedryf wat deur ‘n doeltreffende regulatoriese en toesighoudende raamwerk ondersteun word. Die Nasionale Konvensionele Wapenbeheerkomitee het sy eerste kwartaalverslag oor die goedkeuring van invoer- en uitvoerpermitte vir konvensionele wapens vrygestel. Die komitee het 64 kontrakteringspermitte ter waarde van […]