Skip to content

Saoedi-Arabië onderskep Houthi-hommeltuig wat op Mekka gemik was

# Die Saoedi-geleide koalisie in Jemen het vroeër vandag ‘n hommeltuig onderskep wat deur die Houthi’s na die Mekka-streek in Saoedi-Arabië gelanseer is. Koalisiewoordvoerder Turki al-Malki sê die hommeltuig is onderskep en vernietig. ‘n Missiel in die weste van Saoedi-Arabië is ook vroeër onderskep, te midde van toenemende vyandelikhede tussen die Riaad-gesteunde Jemen-regering en Iran-gesteunde Houthi’s. ‘n Houthi-woordvoerder ontken dat die Moslem heilige stad of die omliggende streek geteiken is, en het herhaal die groep se oorgrens-aanvalle bly gefokus op energie- en militêre infrastruktuur in Saoedi-Arabië.