Skip to content

Goud verhandel weer onder die kerf van vier-duisend-dollar

# Die goudprys het weer tot onder vier-duisend-dollar per fynons gedaal terwyl stygende oliepryse en hoër Amerikaanse inflasie vrese laat ontstaan vir verdere rentekoers-verhogings. Goud het vroeër vandag 0,6-persent laer verhandel teen drie-duisend-997-dollar-39-sent. KCM Trade se hoof-markontleder, Tim Waterer, sê beleggers het voorheen ingetree om goud te koop wanneer die prys daal, en so gehelp om verdere verliese te beperk. Hy sê dis egter onseker of kopers hierdie keer sal terugkeer.